News

KYK: Wanneer die rib jou in die nag wakker hou

Daar is gebraai, beoordeel en geesgevang terwyl die vet spat

Wil nie weer gou ’n skaaprib in die oë kyk nie.
Om die waarheid te sê, nie vir die volgende jaar nie.

Skoolhoof JJ Hennop saam met sy spanmaats Jaco van der Merwe en Waldo Prinsloo. FOTO: Tobie van den Bergh.

Is oortuig om Saterdag die ribbraaikompetisie by Hoërskool Middelburg te beoordeel.
Is nou nie ’n Gordon Ramsay nie, maar weet darem van beoordeling.
Moes al skoonheidskompetisies, vele potjies, foto’s en stories beoordeel.

Beoordelaars Hentu Deale en Loffie Prinsloo saam met Nick Geldenhuys, Arno la Grange en Jaco Strydom. FOTO: Tobie van den Bergh.

Saterdagmiddag om 15:45 aangemeld.
Die vure het al geknetter.
Het saam met mede-beoordelaars Loffie Prinsloo en Hentu Deale van stalletjie tot stalletjie gestap,
By elkeen moes die geheime sousie en speserye eers geproe word.
Daar was selfs skaapstertjies vir voorgereg.

\10.0.7.83\class50\ed\Photos\IMG_0968_50011.JPG

Proe-proe.
Dans-dans op die maat van die Ribrakkers se eie KI-liedjie.
Kontrapsies om die ribbetjies te laat draai, ander om hom so skaam eenkant te laat staan en nog een het hom tussen twee klippe vasgeknyp.
Ja, kliprib!

Speek (Jones) se span! FOTO: Tobie van den Bergh.

Teen 18:00 het die beoordeling begin.
Master Chef se maai.
Daar was rib met pap, rib met slaai, rib met warm boontjies wat jou brand van kroontjie na toontjie, selfs ’n skopdop en lekker aartappelslaai.

Jan Joubert, Otto Botha en Hennie Venter. FOTO: Tobie van den Bergh.

Ons moes uitkyk vir smaak, geur, gaar, rou, voorkoms, gebrand en natuurlik spangees.
Die gaarste span het ook ’n prys gekry.
Kort-kort word daar oor ons skouers geloer.
Groot druk.

Bok du Toit al die pad van Lichtenburg af, saam met organiseerder Frank du Preez. FOTO: Tobie van den Bergh.

Die manne is ernstig.
Dit is amper soos voor ’n Rooi en Groen derby.
Die vet loop.

Tiaan Henderson, Thabang Nkosi, JM Rheeder en Wildre Trollip. FOTO: Tobie van den Bergh.

Ons proe en proe, gee punte, redeneer, skryf neer.
Die ribbetjies staan later ingeryg op die tafel.
Op ’n anner tafel lyk dit soos ’n aasvoëlkombuis, dis net bene.

Dedly Ribs, wat bestaan het uit Dicky Davel, Evert Potgieter en Dirk Kruger, het met een punt gewen. Dedly staan vir Dickey, Evert en Dirk.
Skaap Bra’s se Nick Geldenhuys, Arno la Grange en Jaco Strydom was tweede.
Ribrakkers het die beste spangees gehad. Die span was Werner Brits, Ruben Blake en Jandre Kruger.

Die wenspan: Dirk Kruger, Dicky Davel en Evert Potgieter, FOTO: Tobie van den Bergh.

Droom Saterdagnag van skape.
Skape sonder wol, net rib.
Skrik wakker van ’n geblêr.
Dis toe nie die skape nie.’My maag wat worstel met rib nommer 26 en brandboontjies.
’n Geblêr wat later klink soos die gebulk van ’n benoude boerbok.

KYK DIE VIDEO HIER:

(99+)Gooi hom Bokkie! Ribrakkers het Saterdag die beste spangees gehad by d… | TikTok

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button