News

DA behou Dennesig en Kanonkop

Alderman Johann Dyason van Dennesig het inwoners vir nog ‘n termyn agter hom.

Die DA kraai koning in Dennesig en ’n gedeelte van Kanonkop, met die res van Kanonkop (wyk 15) wat deur sy raadskollega Helda de Klerk behou is. 

Dyason sê die aanvanklike syfers dui daarop dat die party sowat 75% van die stemme in die wyk behaal het.

“Dit was ’n goeie stemdag, en ons staan tans op ’n oorwinning van +- 75% van die kruisies wat vir die DA getrek is,” sê Dyason.

Kiesersopkoms wek kommer

Hoewel die voorlopige aanduidings positief vir die DA is, is Dyason minder tevrede met die aantal inwoners wat hul stemreg uitgeoefen het.

Hy sê die verwagting was dat baie meer kiesers by die stemlokale sou opdaag.

“Ons is maar teleurgesteld met die dag se opkoms. Ons het baie meer mense in die toue en by die stemlokale verwag,” sê hy.

Twee stemlokale vir Wyk 16

Inwoners van Wyk 16 kon Woensdag, 4 November, by Laerskool Dennesig en Hoërskool Kanonkop gaan stem.

Dyason hoop dat die amptelike uitslae teen Vrydag, 6 November, bekend gemaak sal word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button