News

Middies se 1986-matrikulante herleef die ou dae

Die goeie ou dae...

Hoërskool Middelburg se 1986-matrikulante het tydens hul reünie met nostalgie teruggedink aan die goeie ou dae en hul gedeelde ervarings.

Noem die name Polla Steenkamp, Francois Rossouw en Charles van Wyk, en jy sien onmiddellik in jou geestesoog ’n Hoërskool Middelburg eerste rugbyspan wat die land aan die brand gespeel het.

Dit was in die jare toe Middies 10 jaar agtereenvolgens die Suidoos-Transvaalse ligakampioene was.

Observer-joernalis Henriëtte Engelbrecht het ’n spesiale foto van dié span geneem. Sy het die spelers op die veld laat lê om die syfer 10 te vorm. Van die pawiljoen se dak af het sy die perfekte hoek vir die foto gekry.

‘n Groep mans.
Die 1986-matrikulante van Hoërskool Middelburg het hulle reünie gehou. FOTO: Verskaf

Sy het egter later verleë by die kantoor aangekom en erken dat sy daardie oggend eerder ’n langbroek as ’n rok moes aangetrek het.

Nou het die 1986-matrikulante hul reünie gehou, en die nostalgie oor die ‘ou dae’ het behoorlik gevloei.

Van die oudleerlinge wat die reünie bygewoon het, was Marie-Louise Joubert, Nicolene Swanepoel, Jaco en Mariana Janse van Rensburg, Karien Boshoff, Linda Joubert, Pieter en Marinda de Villiers, Gawie en Alida van Deventer, Magda van der Westhuizen, Cecile Stander, Ina Erwee, Mariska van Rooyen, Katinka van Zyl, Yolanda Brevis, Petro le Grange, Antoinette Enslin, Betsie Brink, Herman Enslin, Deon Booyens, Francois Rossouw, Jean Fourie, Polla Steenkamp, Carel Groenewald en Charles van Wyk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button