Excellent was uitstekend
Skeidsregter ryg toekennings in nadat hy gehoor het van Dubai-avontuur
Die jaar raak net beter vir die oud-Hoërskool Kanonkop-onderwyser, Excellent Mnkomo.
Net ’n paar weke nadat hy die lynregter was in die o. 20-eindstryd tussen die Blou Bulle en die Leeus, is hy gekies om in die jaarlikse sewestoernooi in Dubai te blaas.
Die Emirates Dubai-sewes word vanaf 27 tot 29 November aangebied met Mnkomo wat in die uitnodigingstoernooi in aksie gaan wees.Boonop het hy tydens die Limpopo Skeidsregtervereniging se prysuitdeling, wat op 14 November 2026 by die Eeufeessaal in Polokwane plaasgevind het, die toekennings ingeryg.
Hy het die volgende toekennings ontvang:
- Skeidsregter van die jaar
- Skeidsregter se Skeidsregter van die Jaar
- Skeidsregter tydens provinsiale wedstryde
- Skeidsregter tydens internasionale wedstryde
- Beste prestasie as skeidsregter
- Skeidsregter van die Noordvaalbeker Afdeling 1-finaal.
Mnkomo het die Puma-skeidsregtervereniging vir Limpopo verruil nadat hy by Hoërskool Ben Viloen begin skoolhou het.
Hy staan ook bekend as Excellent Piesang.
