Hekmotordiewe takel Huis van Hoop

Die hekmotordiewe ontsien niemand nie en is daar toegeslaan by ’n huis wat omsien na gestremdes.

Bethesda, Huis van Hoop was die nuutste slagoffer van die hekmotordiewe.

Shane du Preez (bestuurder) sê hulle het sowat ses maande gelede ’n nuwe industriële hekmotor ingesit en dit het hulle sowat R15 000 gekos.

“Hier is baie skade, die bracket het niks gedoen om hulle te keer nie. Die hekmotor was op ’n dik staalplaat vas!” Daar is ook skade aan die hek aangerig om by die hekmotor uit te kom.

Die hekmotordiewe het ook skade aan die hek aangerig. Foto: Verskaf.

Wat hom omkrap is dat daar al jare nie meer straatligte in Spoorwegstraat (Groenkol) is nie. Hy meld dat die elektriese drade al lankal uit die straatlig voor Bethesda geruk is.

Die krag het uitgeskop, waarskynlik terwyl hulle besig was om die kabels te ontkoppel. Met die krag af, het die kringtelevisiekameras ook nie gewerk nie. “Hulle het baie sag gewerk, want ek het niks gehoor nie.”

Shane het laat weet dat terwyl hy vanoggend besig was om ’n saak by die polisie te open, het daar nog mense ingekom wat net om die hoek van hom af bly in Morkelstraat. Hulle het gesê dat die diewe twee keer hul hekmotor probeer steel het en dit nie reggekry het nie, maar laasnag met hul hekmotor weggekom het.

Dagpatrollielede het laasnag uitgejaag na Karee- en Oribistraat waar die diewe by ten minste drie huise hekmotors probeer steel het.

Dinsdag in die vroeë oggendure is daar ook ’n hekmotor gesteel in Leipoldtstraat (Gholfsig).

As bogenoemde hekmotors bygetel word, beteken dit dat daar tussen 1 Januarie en 1 April ten minste 52 hekmotors in die dorp gesteel is (waarvan die Observer weet).

Die Observer is besig om ’n databasis saam te stel van hekmotors wat in die dorp gesteel word. As ons nog nie van jou weet nie, stuur jou naam en van, adres, wanneer die hekmotor gesteel is en watter tipe hekmotor dit is, na 072 248 3855.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button