Sport

Pumas en Griekwas sorg vir rugbyfees in Kimberley

SA Beker stuur op spannende einde af

Na die diaree rugby wat die Bulls Saterdagaand teen Scarlets opgedis het, was dit Sondagmiddag weer lekker om ordentlike rugby te kyk.
Die Pumas en Griekwas het in Kimberley vir ’n rugbyfees gesorg.

Die Laevelders se dissipline het hulle in die steek gelaat en hulle is by die afbreekpunte ore aangesit, om uiteindelik met 34-44 te verloor.
Griekwas was op ’n stadium met 14 punte voor, maar Sampie Swiegers en sy makkers het mooi teruggeveg om dit 34 elk te maak voordat die Diamantvelders in die laaste paar minute die telling gerek het.

Vrystaat Cheetahs val vas

Die SA Beker stuur op ’n spannende einde af nadat die Vrystaat Cheetahs verrassend met 43-36 teen die Valke vasgeval het.
Dit moet vir Frans Steyn ’n bitter pil wees om te sluk.
Die span kry later kans om te vergoed en vir hom ’n plek in die top vier te verseker wanneer hy Griekwas tuis pak.

Boland in die vierde plek

Boland het na sy oorwinning van 33-12 oor die Luiperds in die vierde plek ingeskuif.
Die Bolanders moet Sondag in Nelspruit teen die Pumas speel.
Die SWD Arende het die Griffons met 45-24 geklop en blaas skielik in die Pumas se nek op die punteleer.
Die melkkoei, die Grens Bulldogs, het met 71-14 teen sy buurman, die Oostelike Provinsie, verloor.

Saterdag speel Griekwas tuis teen teen die Arende, die Valke pak die Luiperds tuis, die Griffons is in Welkom teen die Oostelike Provinsie in aksie en die Grens Bulldogs gaan weer ver verloor voor sy tuisskare wanneer die Vrystaat Cheetahs hulle besoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button