Editor's choiceSchool sportSchoolsSport

Great athletics action at Interhigh 2014 – results

Al die Interhoër foto's, aksie en volledige uitslae!

 ‘n Onvergeetlike byeenkoms

Interhoër 2014 het gekom en gegaan. Dit was een van die hoogtepunte van die Laeveldse skole kalender en was beslis een van dié wat vir altyd onthou sal word.

onvergeetlik

Hoërskool Bergvlam was gasheer en hulle veld was in uitmuntende kondisie.

Dit was duidelik dat baie harde werk en sweet in die reëlings ingegaan het.

Agt plaaslike skole het byeengekom in ‘n vriendskaplike, tog kompeterende gees. Die weer het ook perfek saamgespeel en die kinders kon 100 persent gee; of dit nou op die baan of paviljoen, waar hulle uit volle bors gesing het, was.

Atlete het gewys dat die Laeveld beslis ‘n sportkultuur het en 12 bestaande rekords is verpletter. Hoërskool Nelspruit het vir die 49ste keer as die algehele wenners uitgetree.

Hulle wentotaal van 1 928 punte was 640 meer as die van Lydenburg (1 288), met Rob Ferreira (1 265) in die derde plek. Nellies se perfekte balans is ook duidelik deur die seuns (975) en meisies (953) se totale punte bewys.

“Hierdie 49ste agtereenvolgende oorwinning beteken natuurlik dat NHS volgende jaar na die magiese 50-tal mik,” het skoolhoof, dr. Louis Swanepoel geskerts.

Die vreugdevure het natuurlik ook hoog gebrand toe hulle vir ‘n rekord vierde
keer na mekaar die gesogte sangbeker verower het.

Die trofee vir beste dirigente het, saam met die sangbeker, voorwaar die kroon op weke van beplanning en ure se oefen en nogmaals oefen gespan.

trofee

 

Click here for the complete results / Kliek hier vir volledige uitslae

 

nelspruit

Hoërskool Nelspruit

Nellies sing hul stemme hees

rob

Hoërskool Rob Ferreira

Rob sing skree en dans

 bergvlam

Hoërskool Bergvlam

Vlammies kook

 barberton

Hoërskool Barberton

B’ton scream and shout

 lydenburg

Hoërskool Lydenburg

L’burg bring veggees

  penryn

Penryn College

Penryn show their spirit

lowveld

Lowveld High School

Lowveld give their all

 komatipoort

Komatipoort Akademie

Komati ondersteun atlete

 

Penryn also won the Lowvelder/Makro Nelspruit Interhigh Spirit SMS competition! Readers and learners had the chance to vote for the school who they thought had the most spirit. Here’s Penryn’s video:

 

More galleries

Opening of Interhigh 2014Toeskouers raak emosioneelGreat support for Interhigh Spar-Interhigh Mediclinic
Langasems wys wat in hulle steekAtlete mik vir die maan in spiesgooiHekkie-atlete mik hoog  Dougs-Hiring White-River-Printers
Hoogspringatlete seil mooi oor die latAtlete wys hoe mens bokspringGewigstoot-atlete wys hoe dit gedoen word Takana Bonanza
Middelafstandatlete goed ondersteunGewigstoot meisies bult hul spiere  Cardinals

 

 Read about the Lowveld Interprimary 2014 here!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Mpumalanga News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button