TA017545
KENNISGEWING VAN GROND ONTWIKKELINGSAANSOEK
Ons, Nuplan Development Planners BK, het `n grondont-
wikkelingsaansoek ingedien (Verw. No. AM/26/00446;
SD/26/00020; CO/26/00013) ingevolge Artikels 58, 63 en 69 van die Stad van Mbombela Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbestuur Bywet, 2019, vir die gelyktydige onderverdeling, konsolidasie en hersonering van die Resterende Gedeelte van Hoewes 40 en 41 van die White River Estates (Central Section) Agricultural Holdings, gele` te Yaverlandweg 28 (Provinsiale Pad D1341 – 2519`48.12″S en 31 2`47.05″O). Die voorneme is om Hoewe Re/41 in twee (2) gedeeltes te verdeel en `n gedeelte met Hoewe 40 te konsolideer, terwyl die restant van Hoewe 41 hersoneer word van “Landbou” na “Landelike Residensieel”.
`n Afskrif van die aansoek/e en ondersteunende dokumentasie is verkrygbaar gedurende normale kantoor ure by die Kantoor van die Senior Bestuurder Grondgebruiksbestuur, Kantoor 205, Burgersentrum, 1 Nel Straat, Mbombela, 1201 kontak nommer: 013-759-2185, vir `n tydperk van 30 dae vanaf
24 September 2026. Skriftelike kommentaar of besware, tesame met redes daarvoor, met betrekking tot die aansoek moet in die voorgeskrewe formaat ingedien word by: die Munisipale Bestuurder, Posbus 45, Mbombela, 1200; of afgelewer word by die Registrasie- afdeling (Rekords), 1ste Vloer, Burgersentrum, Nelstraat 1, Mbombela; of gefaks word na 013-759-2070; of per e-pos gestuur word na: registry@mbombela.gov.za , nie later nie as 24 Oktober 2026. Die kommentaar vir besware vorm is beskikbaar by die Kantoor van die Senior Bestuurder Grondgebruiksbestuur, by die bogemelde adres of op die Munisipaliteit se webwerf (www.mbombela.gov.za). Enige persoon wat nie kan lees of skryf nie mag met enige personeellid van die Kantoor van die Senior Bestuurder Grondgebruiksbestuur Afdeling, gedurende kantoor ure raadpleeg en bystand sal aan sodanige persoon verleen word om die beswaar of kommentaar saam te stel.
Adres van agent: Nuplan Development Planners BK,
Posbus 2555, Nelspruit, 1200.
Tel: 013-752-3422,
Faks: 013-752-5795,
Epos: admin@nuplan.co.za,
Verw: FRPS-WS-009
Reference Number: TA017545