Mosselbaaise inwoners teken petisie teen moordverdagte se borgtog
Desmond Share van Hartenbos is vroeër vandeesmaand as vermis aangemeld. Sy lyk is dae later in Albertinia gevind.
Inwoners van Mosselbaai het ‘n petisie geteken teen borgtog vir die verdagte in die Desmond Share (52) moordsaak.
Die 30-jarige Shadreck Mhetu sal vanoggend sy tweede verskyning in die Mosselbaai-landdroshof maak op aanklagte van moord, ontvoering en kaping.
Share is op Dinsdag 1 Augustus deur sy familie as vermis aangemeld nadat hy die oggend Herbertsdale toe was om werk te doen.
Sy liggaam is op Saterdag 5 Augustus tussen bosse naby Albertinia gevind. Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie. Share se wit Ford Ranger is ná wat verneem word steeds, vermis.
Mhetu is in Du Noon in Kaapstad deur die polisie in hegtenis geneem. Nog drie verdagtes, wat met Share se moord verbind kan word, is steeds op vrye voet.
Hy sal vandag om borgtog aansoek doen.
Read original story on www.mosselbayadvertiser.com