Hof hoor verkragslagoffers in Hartenbos was ‘bang mamma kry seer’
'n 46-jarige man word daarvan beskuldig dat hy oor 'n lang tydperk gereeld sy vriendin se jong seuns verkrag het.
Twee seuns van Hartenbos, wat oor ‘n tydperk van vyf jaar bykans daagliks deur hulle ma se 46-jarige vriend, verkrag en seksueel aangerand is, het oor die misdrywe stil gebly omdat hulle onder andere gedreig is.
Die seuns wou ook nie hê hulle ‘mamma moet seerkry nie’.
Die beskuldigde, wat in ‘n stadium daarop aangedring het dat hulle hom ‘pappa’ moes noem, het ook by geleentheid die een seun se mond toegedruk.
Dit is van die skokkende getuienis wat in die Oudtshoorn-streekhof aangehoor is tydens die verhoor van die beskuldigde, wat deurgaans volgehou het hy is onskuldig.
Die man se identiteit is aan die Mossel Bay Advertiser bekend, maar word weerhou om die identiteite van die seuns, wat nou tieners is, te beskerm.
Die verkragtings en seksuele aanrandings het tussen 2014 en 2019 by die seuns se huis in Seemeeupark óf by die beskuldigde se huis plaasgevind.
Dit het dikwels gebeur wanneer die kinders, wat teen die tyd wat die voorval aangemeld is 10- en 11-jaar-oud was, alleen in sy teenwoordigheid was.
Die saak duur voort.
Read original story on www.mosselbayadvertiser.com