Bejaarde pa in die hof ná hy glo dogter (44) met kookwater brand, betas

'n 77-jarige man van die Wes-Kaap word daarvan beskuldig dat hy onder meer sy 44-jarige dogter in 2021 seksueel aangerand het.

‘n Bejaarde pa van die Wes-Kaap wat daarvan aangekla word dat hy na bewering sy dogter in Augustus 2021 seksueel aangerand het, het Vrydag weer vlugtig in die Riversdal-streekhof voorgekom.

Die aanklag teen die 77-jarige beskuldigde spruit glo uit verskeie aanklagte, waaronder, seksuele aanranding, minagting van die hof nadat hy ‘n beskermingsbevel teen hom verbreek het, en ook van aanranding met die opset om ernstig te beseer nadat hy glo sy 44-jarige dogter met kookwater verbrand het.

Die beskuldigde is met streng voorwaardes vrygelaat. Volgens dié voorwaardes moet hy die huis verlaat om ander blyplek te vind en hy mag ook nie met die klaagster of getuies inmeng nie.

Intussen het hy verlede Desember ‘n uitsettingsbevel teen sy dogter verkry.

Die saak is tot 6 Oktober vir verhoor uitgestel.

Suid-Kaap Forum het vroeër berig dat die man in Heidelberg woon en dat die beweerde betasting glo op 13 September 2021 plaasgevind het toe die pa en sy volwasse dogter alleen by die huis was.

Die dogter beweer haar pa het sonder haar toestemming haar privaatdele betas. Sy sê ook dit is nie die eerste keer dat hy dit doen nie.

Read original story on www.suidkaapforum.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button