Innibos: Meer, groter, lekkerder!
Vanjaar se Innibos-fees in Mbombela gaan uit sy nate bars van 'lekkerness'.
Maak gereed vir ‘n feeservaring soos nog nooit tevore nie!
Innibos 2025 beloof om ‘n viering van kultuur, musiek en vermaak te wees wat jou asem sal wegslaan. Vir die prys van ‘n enkele kaartjie kry jy toegang tot ‘n magdom vermaak – van wêreldklasmusiek en -teater tot vier kuierverhoë en areas propvol talent en lewendige atmosfeer.
Sandra Jacobs, die direkteur van Innibos, moedig die feesgangers aan om slim te beplan.
“Versprei jou kostes oor vier maande en geniet klomp ekstra lekkernisse van Innibos. Koop nou solank jou feesterreinkaartjies en kry toegang tot soveel meer as net die hoofverhoogkonserte.”
Op Donderdag, 3 Julie, tydens die Huisgenoot Afskopkonsert, kan jy uitsien na Appel, Chris Steyn, Droomsindroom, Eloff, Francois van Coke, Jay, Karlien van Jaarsveld en Lianie May.
Op Vrydag, 4 Julie, gaan Bernice West, Bok van Blerk, Danny Smoke, Die Heuwels Fantasties, Martin Bester, Robbie Wessels en Ruhan du Toit die gehoor op hul voete hou by die Jacaranda Konsert.
Op Saterdag, 5 Julie, kan jy die klanke van Corlea Botha, Demi Lee Moore, Die Piesangskille, Early B, Elvis Blue, Jo Black, Kurt Darren, Refentse, Ricus Nel, Snotkop, Van Pletzen en Zaan Sonnekus by die kykNET Konsert geniet. Om nie eers te praat van die Springbokke se wedstryd teen Italië, regstreeks op die groot skerm van die hoofverhoog nie!
By die Laevelder Boma-kuierteater kan jy uitsien na groot name soos Hannon, Matie van Graan, Mel die Storieverteller en Wynand van Vollenstee. Theo Venter, Kabous Meiring, Dawie Roodt en Lourensa Eckard gaan onderwerpe soos die ekonomie, Trump en ander aktualiteitsake aanraak in die daaglikse gespreksreekse.
Die ATKV-Storievuur met Ricus Nel, Boet Pretorius en die Innibos-feesbestuurder, Andy Lubbe, is ook ‘n moetsien-produksie en Wian van den Berg, die sosiale mediaster en towenaar, gee ‘lekker’ ook ‘n nuwe betekenis.
By die Everest Wealth-wingerdkuierarea sorg Bianca Blanc, Damian Beer, Frazer Berry, Len Muller, Jack & June en plaaslike kunstenaars soos Natascha C & Henry-John en nog vele meer vir hope pret en plesier.
Die Arena- en kykNET-verhoog gaan jou vasgenael hou as ONS, Prop, Skemer, Tamlyn Wessels, Reborne, BitterLekker Musas, Cordelia, Fran Prins en Jakkie Louw, om ‘n paar te noem, gaan optree.
Innibos bied vanjaar ook ‘n kykNET Countrykonsert aan met Chris Else, Franja du Plessis & Ruan Josh, Cordelia en Skemer. Bêre jou laaste bietjie ritme vir DJ Jaydon Mark, Sensasie en Justin Vega na afloop van die hoofverhoog-konserte by die arena-verhoog.
Vir meer inligting, kaartjiepryse, tye en venues, besoek innibos.co.za.
Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.
Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.
Read original story on www.citizen.co.za