Verkragting- en pornografie-aanklagte: Geen pleitooreenkoms vir voormalige Mosselbaai-onderwyser
Verkragting en pornografie: Geen pleitooreenkoms vir voormalige onnie van Mosselbaai
Die pleitonderhandelinge tussen die staat en die regspan van ’n 44-jarige voormalige onderwyser van Mosselbaai wat van onder meer verkragting aangekla word, was vandag onsuksesvol in die Mosselbaai-streekhof.
Mossel Bay Advertiser berig die verdagte het vanoggend vlugtig in die hof verskyn.
Omdat ’n ooreenkoms nie tussen die staat en die regspan bereik kon word om met die pleitonderhandelinge voort te gaan nie, sal die saak op verhoor gaan.
Die verdagte se identiteit mag volgens die mediawet eers bekend gemaak word sodra hy formeel gepleit het.
Die staat en die regspan kon nie ooreenstem oor die termyn van gevangenisstraf nie. Die staat wou meer hê en die regspan wou in die pleitonderhandelinge minder hê.
Die voormalige onderwyser sal eers ’n formele pleitgeleentheid op die dag van die verhoor kry, waarna sy identiteit bekend gemaak sal word.
Die koerant het voorheen berig dat hy tereg staan op 19 aanklagte wat onder meer verkragting, seksuele aanranding en die blootstelling van kinders aan pornografie insluit. Daar is tot dusver twee slagoffers wat verklarings afgelê het en wat nou reeds op hoërskool is.
Die beweerde dade het tussen 2019 en 2020 by verskeie plekke op Mosselbaai plaasgevind.
Die saak is na 23 Januarie tot 27 Januarie 2026 vir verhoor uitgestel.
Die rede hoekom die verhoor na die spesifieke datum uitgestel is, is omdat dit die enigste datum is wat al die partye pas.
Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.
Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.
Read original story on www.mosselbayadvertiser.com