Video wys hoe mans van Secunda se boot omslaan tydens Trans Agulhas
Phillip Marais (37) en Wikus Claassens (37) se boot is deur 'n reuse brander getref tydens 'die wêreld se mees uitdagende opblaasbootresies'.
Ryno Verster het uitstekende beeldmateriaal afgeneem tydens die vertrek van die tweede been van die Trans Agulhas Challenge en het dit op sy Facebook-blad geplaas.
Dit wys hoe Phillip Marais (37) en Wikus Claassens (37), albei van Secunda, deur ‘n reuse brander by Die Punt op Mosselbaai, Vrydag met hulle boot omgeslaan het net nadat hulle van Santosstrand na Stilbaai vertrek het. Die boot het daarna op die rotse geëindig.

Twee lede van stasie 15 van die Nasionale Seereddingsinstituut van Suid-Afrika (NSRI) in Mosselbaai, Bronwynn Weilbach en Marinus Goulooze, het ingeswem om hulle aan wal te bring. Gelukkig het beide Marais en Claassens geen beserings opgedoen nie.
Hulle het die standaard wedren met ‘n tyd van 3:51:12 voltooi, en het vir Roundtable 231 Secunda deelgeneem.
Die boot is later die dag deur die NSRI van die rotse verwyder.
Kyk die video:
Read original story on www.georgeherald.com