Nuwe musiek waarna die hele gesin kan luister

Somer is hier, maak seker jy is reg met die nuutste Afrikaanse musiek wat Suid-Afrika het om te bied.

Jo Black – Spring

Jo Black, ’n gesogte huishoudelike naam in die Afrikaanse mark, is terug. Die keer met ’n GROOT SPRONG. Met sy trefferbelaaide reputasie is “Spring” beslis deel van die trefsnit familie.

Sy gemaklikheid op die verhoog en agter die skerms (of deesdae aanlyn), maak hom iemand waarmee jy jouself kan assosieër. ’n Familie-man, wat sy foute kan erken en een wat eerder alles sal opoffer om ’n geloofsbesluit na te volg.

Die trefkrag is ’n opbou van musiek met ’n bevrydende gevoel. Alhoewel hierdie treffer voor die inperkingstyd geskryf was, vind dit soveel aanklank in ons huidige situasie in die land en die wêreld. Die sprong wat jy moet vat, verskil dalk van die ou langs jou, maar jou horison mag dalk net verdubbel en verbreed. Waar jy eens gevoel het of daar loodblokke om jou enkels is wat jou boei, mag dit jou dalk inspireer om los te breek. Met hierdie liedjie wil Jo en Jattie mense aanmoedig om vir alles kans te sien. Jy sal ’n hele bende stormloop. Niks sal jou kan keer nie. Jy gaan wil SPRING!

“Spring” is NOU beskikbaar op alle digital platforms hier.

“Spring” video NOU beskikbaar op Youtube:

Juanita Du Plessis & Snotkop – Ruk Die Dam


Twee van Suid-Afrika se geliefkoosde kunstenaars span kragte saam.

Juanita du Plessis en Snotkop het geen bekendstelling nodig nie, en het besluit “dis tyd” vir hulle om ’n projek saam aan te pak.

“Ruk Die Dam” is van Juanita se nuutste album Dis Tyd wat begin 2020 uitgereik is.

“Ruk Die Dam” is NOU beskikbaar op alle digital platforms hier.

“Ruk Die Dam” Video NOU beskikbaar op Youtube:

Riaan Grobler & Jennifer Zamudio – Liefdeshartaanval


Toe Riaan Grobler die eerste keer “Liefdeshartaanval” gehoor het, het hy geweet hy moet dit opneem. Die liedjie is spesifiek as ’n duet geskryf en hy moes die regte sangmaat daarvoor kry. Hy wou nog altyd iets saam met Jennifer Zamudio doen maar min het hulle geweet hoe goed dit gaan werk. Jennifer het dadelik ingestem, hulle het dit opgeneem en dit is ook die titel van Riaan se nuutste album.

“Dit is ’n absolute voorreg om saam met Jennifer hierdie liedjie te sing. Sy bring die warmte na die lied toe wat dit nodig gehad het. Die verwerking daarvan is puik en ek glo daar gaan nog baie Riaan en Jennifer opnames in die toekoms wees. “Liefdeshartaanval” kan soveel mense mee assosieër en komaan, wie van ons het nie al só gevoel nie?” vertel Riaan.

Jennifer Zamudio, wat al haar 20e jaar in die musiekbedryf vier, beskryf “Liefdeshartaanval” as een van daai liedjies wat sodra die lied begin speel dit dadelik jou aandag trek.

Hierdie album het Riaan twee jaar gevat om op te neem en volgens hom een van die grootste uitdagings was om die regte liedjies te kry. Daar was ’n lys van 50 liedjies waaruit gekies moes word. “Dit was moeilik om tot 13 snitte te kom maar ek glo diep in my hart ons het die regte keuses gemaak,” vertel Riaan.

“Liefdeshartaanval” is NOU beskikbaar op alle digital platforms hier.

Ruiter Piet – Lente Live


Ruiter Piet is die solo projek van Pieter de Jager. Voormalige baskitaarspeler en liedjieskrywer van Karlien van Jaarsveld se Afrikaanse Grunge Rock groep “Revolusie” en die 2010 MK-bekroonde beste nuweling en Sama-genomineerde Folk Country orkes Die Tuindwergies.

Ruiter Piet en Die Partytjie is voel-goed Folk Rock met onderligende Country en Brit Pop elemente en lirieke wat handel oor gewone mense se dinge, gevoelens en gebeurtenisse. Dis ’n klank vir almal! Terselfdertyd laat dit jou lag, dans, dagdroom, dink en nostalgies raak! Volgens Ruiter Piet klink dit soos ’n aand uit saam die man homself!

“Lente” NOU is beskikbaar op alle digital platforms hier.

“Lente” video NOU beskikbaar op Youtube:

Ichnus – Skree Vir My


Die 31-jarige Ichnus Wait van Pretoria, wat tans bekend is saam met sy vennoot Eddie Whelan vir hul unieke craft bier, Buffelsfontein Lewer-Olie, se lewe slaan nou egter ’n ander koers in.

Een van sy grootste drome is om voor enige gehoor van mense te kan optree as sanger, al is dit net om een persoon te inspireer, is dit genoeg vir hom.

Vandag het daardie droom waar geword en word sy tweede enkelsnit “Skree Vir My” bekendgestel.

“Skree Vir My” is NOU beskikbaar op alle digital platforms hier.

“Skree Vir My” video NOU beskikbaar op Youtube:

Juan Boucher laat Afrikaanse harte warm klop met nuwe album

Na 12 suksesvolle jare in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf, het Juan Boucher beslis geen bekendstelling nodig nie. Hierdie bekroonde Vaaldriehoeker met sy growwe stem, lekkerluisterlirieke, ritmiese musiek en vermaaklike verhoogpersoonlikheid, het oor die jare diep in sy ondersteuners se harte kom nesskop.

Vandag is dié “Gebore Om By Jou Te Wees” sanger ’n gevestigde naam, met ses goue- en platinumverkoper ateljee-albums, talle radiotreffers en verskeie musiektoekennings op sy kerfstok. Hy is ook deesdae die trotse eienaar van die kleremaatskappy, Bouch Clothing, wat fokus op diegene wat daarvan hou om net so stylvol en gemaklik te lyk in die bosveld as in die stad.

Album nommer sewe bestaan uit 12 oorspronklike snitte, wat sorgvuldig uitgesoek is om ’n aanloklike storie te vertel. Buiten vir lekker opgewekte dansnommertjies en pragtige liefdesballades, is daar ook twee liedjies wat saam met ander kunstenaars geskryf is ingesluit. “In die Bosveld” saam met Neil Somers, is baie goed ontvang en kuier al vir weke lank bo-aan die treffersparades van verskeie radiostasies. Die musiekvideo is ook reeds deur meer as 280 000 kykers op YouTube gesien.

Kyk die video hier:

 

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114. For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button