EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Karakters se chaos bring komiese verligting

AUCKLAND PARK - Per toeval het 'n man kitsrykdom, maar is dit werklik so lekker?

Afpersing, gierigheid, dreigemente en selfs dronkenskap wat die gehoor laat skater.

Die karakters van die klug My vrou se man se lyk se tas bevind hulself in ‘n deurmekaarspul regdeur die produksie. Dit alles oor ‘n tas vol geld wat die hoofkarakter eintlik nooit moes vashou nie.

Kitsrykom, het hy gedink, maar die chaos agterna, herinner eerder aan die spreekwoord “goedkoop is duurkoop”.

Lefra Produksies bied tans dié klug aan deur die Britse dramaturg Ray Cooney (oorspronklik in Engels Funny Money) by die UJ-teater in Auckland Park.

Die speelvak duur tot 24 November. Peet van Rensburg het die teks in Afrikaans vertaal. Henry Perkins is ‘n rekenmeester wat hom jare lank afsloof het vir niks, soos hy dit stel. Op sy verjaardag nooi sy vrou, Jean, hul huisvriende oor, maar voordat die gaste opdaag, sluip Henry by die woonkamer in met sy geldelike vonds. Henry wil eerder die ete afstel, en bespreek twee vliegkaartjies na Barcelona. Moeilikheid gee sy eerste tree wanneer iemand aan die Perkins se voorstedelike huis se voordeur klop. Wanneer Jean die voordeur oopmaak, is dit nie die twee genooide gaste nie…

Regisseur Frans Swart is baie opgewonde oor die rolverdeling wat bestaan uit Chris van Niekerk, Lulu Botha, Amalia Uys, Paul Lückhoff, Duncan Johnson, Chris van Rensburg, Botha Enslin and Phillru van Achterbergh.

Swart sê van die beste akteurs in Suid-Afrika maak die rolverdeling uit.

“Hierdie produksie is vanjaar die eerste keer in Suid-Afrika opgevoer en dit was baie opwindend om met ‘n splinternuwe produk die volk te laat lag.” By die openingsaand van die UJ-speelvak, het die akteurs na die tyd saam met die gehoor verversing geniet. Lulu Botha wat die rol van Jean speel, het Swart bedank omdat hy vir akteurs werk skep.

Besonderhede: www.computicket.com, info@lefra.com

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northcliff Melville Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button