NewsSchools

Hoërskool Linden trots op slimkoppe

LINDEN – Hoërskool Linden spog met hulle top akademiese presteerders.

Hoërskool Linden se onlangse akademiese prysuitdeling het weer hulde gebring aan leerlinge wat verlede jaar hard gewerk en die akademiese eerstespan behaal het.

Hierdie span is gekies op grond van verlede jaar se resultate.

In Graad 8 is Vanessa Visser aangewys as die graad se dux-leerder and Linda du Toit volg kort op haar hakke. Dané Taljaard ontvang die prys vir Graad 9 se dux-leerder. René Koegelenberg wys sy is ook deel van hierdie graad se top slimkoppe.

In Graad 10 word Wilné Brits aangewys as dux-leerder en Nicola de Bruyn haal ook die akademiese eerstespan. In Graad 11 stap Kate de Wet weg as die nuwe dux-leerder met Daniel Opperman en Mariek Roux agter haar.

Verlede jaar se Graad 12 dux-leerling, Elsje Rabie, het met ‘n gemiddeld van 87,7 persent afgesluit.

Dr Nico van Niekerk, die adjunkhoof van akademie, sê die prysuitdeling wat op 29 Januarie gehou is, wys wie die Linden-vaandel dra. “Ek is baie trots op hierdie leerders. Linden roem hulle daarop om vir 26 jaar agtereenvolgens ‘n 100 persent matriekslaagsyfer te handhaaf.

“Hierdie leerders is die voorbeeld van suksesverhale, van hoe harde werk beloon word en is ook die hoop van more.”

Van Niekerk glo dat hierdie prestasie behaal word deur leerders wat ook lewens buiten hul boeke het. Hierdie vaardigheid leer hulle om prioriteite te stel en hul tyd te balanseer en ekonomies aan te wend.

“Wanneer hulle dus wel agter die boeke inskuif, word daar effektief studeer. Dis nie noodwendig die leerder met die hoogste IK nie, maar die leerder wat die vermoë het om sy of haar eie suksesresep te skep as dit kom by studiemetodes.”

ALSO READ: Höerskool Linden welcomes new principal https://randburgsun.co.za/332682/new-hoerskool-linden-principal-determined-to-see-success/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northcliff Melville Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button