Pionier sê totsiens aan lojale onderwyser
"Baie dankie vir al Meneer se harde werk en lojaliteit teenoor die skool. Pionier groet beslis nóg 'n legende. Ons wens vir Meneer 'n welverdiende rustyd toe, alhoewel hy ingestem het om nog tot die einde van die jaar met 'n klas of twee uit te help."
Na 39 jaar as ‘n puik onderwyser by Pionier, groet die skool vir Johann Coetzee.
Hy het aan die einde van Julie die voorreg gehad om af te tree en sy tyd vir homself te hê.
Mnr Coetzee was ‘n uitstekende onderwyser, nie net in die klas en in sy vak nie, maar het ook al oor die jare diep spore in leerlinge se harte getrap. Bus- en vervoerreëlings kan hy al toe oë doen.
“Baie dankie vir al Meneer se harde werk en lojaliteit teenoor die skool. Pionier groet beslis nóg ‘n legende. Ons wens vir Meneer ‘n welverdiende rustyd toe, alhoewel hy ingestem het om nog tot die einde van die jaar met ‘n klas of twee uit te help.”
Skyfskiet Liga-5 uitslae: Sporterklas o-14: JP Barnard (goud). Veerklas o-16: Ronaldo van Ellinckhuizen (brons). Sporterklas o-16: Rhyno van Zyl (silwer). Sporterklas o-21: Righardt van Zyl (silwer). Karl Fourie het ook ‘n medalje ontvang omdat hy sy persoonlike beste verbeter het tydens die ligakompetisie.
Skyfskiet KZN-Interskole: Pionier se skuts het die afgelope naweek aan die KZN-Interskolekompetisie te Ferrum deelgeneem. Die skuts het Saterdagaand ‘n dinee bygewoon met ‘n prysuitdeling waartydens skuts erkenning ontvang het. Die skuts het eersteklas gevaar. JP Barnard – trofee vir Top O-14-Sporter. Rhyno van Zyl: trofee vir Top O-16 3P-Sporter asook die trofee vir Top O/16-Sporter. Righardt van Zyl – trofee vir Top 10m-Sporter (alle ouderdomme), trofee vir Top O-21-Sporter, trofee vir Top 3P-Sporter gekombineerd asook die trofee vir Top Sporter-individuele punte (alle ouderdomme). Pionier ontvang ook die volgende toekennings: O-14-Veerspan ontvang silwer (Karl Fourie, Anika Dedekind en Tarien Kirsten), O-14-Sporterspan ontvang brons (JP Barnard), O-16- Sporterspan ontvang brons (Rhyno van Zyl, Brian van der Watt en Arno Vlok), O-21-Veerspan ontvang brons (Thomas Kotze, Levras Davel, Derrick Botha em Dominique Coetzee). Die Senior Target Sprinting-span ontvang silwer (Righardt van Zyl, Cayla Putter, Dominique Coetzee en JP Barnard).
Die volgende skuts is vir die KZN-span gekies wat in die Oktobervakansie in die Wes-Kaap aan die SA-kampioenskappe sal deelneem: Anika Dedekind, Cayla Putter, Jadon Richter, JP Barnard, Karl Fourie, Rhyno van Zyl, Righardt van Zyl en Thomas Kotze.
“Baie geluk julle, ons is baie trots op julle!”
Also read: Skuts en spelers vaar kolskoot by Pionier
Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates






