Weenen Wildsfees

16 April – Die Weenen Wildsfees vind plaas vanaf 10vm.

Toegang vir volwassenes is slegs R50, en vir kinders, R20.

Vermaak en aktiwiteite gedurende die dag sluit in: Sweepklap, Koedoedrolspoeg, toutrek, Mnr Spiere, boeresport, Mej Wildsfees, optrede deur Jennifer Zamudio, Hamilton Prep Marimba Band, lekker eetgoed soos sosaties, pannekoek en vele meer. Snuffelstalletjies om van te kies en te keur.

Ollie die Nar met springkastele en ‘n reuse glybaan. Die 16km ‘offroad’ motorfiets-veldwedloop en die 10km bergfietsresies begin om 8vm.

Bok van Blerk sal vanaf 4nm optree.

Kaartjies verkoop teen R300, R250 en R200, en sluit ‘n driegang-ete in.

Dans en kuier tot middernag. Besprekings: Laura by 036 352 5133/ 083 321 4158 of Herklaas by 082 889 0947.

Back to top button