VERLEDE SATERDAGAAND het die klub sy jaareindfunksie en prysuitdeling in die losie by Hoërskool Pionier gehou. Die tema vir die aand, “A Night At The Oscars”, het daartoe bygedra dat nie net die losie pragtig ooreenkomstig die tema versier is nie, maar almal teenwoordig was baie smaakvol geklee met Eric en Georgie Tasseron wat aangewys is as die besgeklede paartjie. Pat O’Reilly, die voorsitter van die Vryheid Atletiekklub, het die verrigtinge geopen waarop die Paul Marques al die borge en ander instansies individueel bedank het vir hul ondersteuning deur die jaar. Kerryn Powell van Pongola het as gasspreker opgetree en ‘n inspirerende boodskap aan almal teenwoordig gebring waarna heerlik saam geëet is. Tydens die prysuitdeling het die volgende persone pryse ontvang vir prestasie die afgelope jaar: Cathy Sandalls (Dontronix Walker of the Year); Dirk Breedt (Ladies Supporter of the Year); Ina Els (Worker of the Year); Mandy O’Reilly (most improved walker of the year); Johann Coetzee (Male Master Athlete of the Year; Club supporter of the year); Barbara Dicks (Female Veteran Athlete of the Year; Comrades Surprise; Most improved Female Athlete); Dietmar Dedekind (Nienaber Trophy); Heidi Davel (Female Time Trialist of the Year); Richard Delport (Male Time Trialist of the Year; Male Junior Athlete of the Year); Casper Louw (Most Improved Male Athlete; Male Veteran Athlete of the Year); Trevor Mazibuko (Male Athlete of the Year; Novice Runner); Rudolph Krause (Most Active Runner); Georgie Tasseron (Female Grand Master Runner of the Year; Voorsitter Toekenning); Smuts van der Nest (Male Grand Master Runner of the Year); Cathy de Beer (Female Master Athlete of the Year); Ingrid van Niekerk (Female Athlete of the Year). Baie geluk aan al hierdie klublede. Hein Potgieter het in Stellenbosch aan die Wynland Halfmarathon deelgeneem en het ons klub se naam hooggehou deur ‘n verdienstelike tyd van 1h34m40s aan te teken. Baie geluk, Hein. Hierdie Saterdag neem ‘n klomp van ons klub se atlete en stappers aan die Kersiefeeswedloop op Ficksburg asook aan die Michaeliswedloop hier plaaslik deel. Ons wens hulle almal baie sterkte toe. As gevolg van hierdie genoemde wedlope sal daar Saterdag geen amptelike “clubrun” wees nie. Die weeklikse tydtoets en braai vind wel vanaand om 5:30nm plaas by die klubhuis wat geleë is op Hoërskool Pionier se Sportterrein. Almal is baie welkom. Alle klublede word herinner aan die die klub se Algemene Jaarvergadering wat op Donderdag, November 28 by die klubhuis sal plaasvind.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Support local journalism
Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.