FOTOS: Niks meer aangenaam as ‘n boeremark
"Die Boeremark is vir ons 'n ystermasjien wat sterk voortgaan."
Newcastle kon weerens ‘n heerlike oggend geniet het terwyl hulle die vierde Boeremark van die jaar, verlede Saterdag by gewoon het.
Boeremark Voorsitter Johan van Rensburg, van die Afrikaanse Protestante Kerk (APK), het gesĂȘ dat die Boeremark oor die afgelope paar maande sterker gegroei het, te danke aan die uitstekende ondersteuning vanuit die gemeenskap.
“Die Boeremark is vir ons ‘n ystermasjien wat sterk voortgaan,” het hy gese.
Plaaslike produkte soos vars groente en vleis, asook skilderye, speelgoed, ornamente, koek, biltong en vele meer unieke items was ook te koop by die mark.
Van Rensburg het almal wat betrokke was by die Boeremark, asook die publiek wat dit bygewoon en ondersteun het, bedank.






