Community galleriesGalleries

Jo Black inspires Newcastle crowd

Die gehoor het aan Jo Black se lippe gehang soos hy die een na die ander treffer gesing het.

Op Saterdag 27 Januarie het The Pines Trou en konferensie sentrum, gasheer gespeel vir Jo Black, die immergewilde sanger met die rasperstem en legendarise baard.

Ongeveer 200 inwoners van Newcastle het saamgetrek om die aand om te sing saam met die inspirerende sanger, maar die aand was soveel meer as bloot ‘n musiekvertoning.

Volgens Jo vertel hy met dié vertoning “die storie agter die stories” en gee hy sy aanhangers, ‘n geleentheid om meer te ken as net sy stories.

“Ek wil nie net vir julle liedjies sing nie, ek wil graag my storie met julle deel, dat julle meer leer ken as net die sanger,” het Jo tydens sy vertoning gesê.

Die gehoor het aan Jo Black se lippe gehang soos hy die een na die ander treffer gesing het.

Jo is egter nie net bekend as sanger nie, maar ook die meesterbrein agter die “Be that guy/girl- werkswinkels,” en selfs met sy musiekvertonings laat dié gesoute motiveringsspreker almal in die gehoor geïnspireerd. Dit is vir Jo belangrik om, nie net die jong seuns en dogters wat aan die “Be that guy/girl- werkswinkels” deelneem nie, maar ook almal by sy vertonings te leer om meer in hulself te glo.

“Jy kan vir min of meer 8 jaar in jou lewe vas glo in Kersvader of die tandemuis, so hoekom kan jy nie vir eenkeer nie net in jouself ook glo nie?” het Jo Saterdagaand aan die gehoor gevra.

Die aand was ‘n weghol sukses en Jo het die gehoor gegroet met ‘n laaste paar inspirerende woorde. “As daar een ding is wat ons kan doen vir Newcastle sal dit wees om die hoop terug te bring. Bring die hoop weer terug!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button