LEES OOK: Irma Joubert skryf haar elfde treffer
Dié bekroonde skryfster het op 10 Februarie, saam met die dames van Strelitzia Vroue-instituut, haar nuutste historieseroman vrygestel.
Met die uitryking van haar elfde boek, Mentje kind van Pas-opkamp, het Irma Joubert onlangs besoek afgelê in Newcastle.
Dié bekroonde skryfster het op 10 Februarie, saam met die dames van Strelitzia Vroue-instituut, haar nuutste historieseroman vrygestel.
FOTOS: Strelitzia sluit die jaar af met ‘n helpende hand
Mentje kind van Pas-opkamp, skakel die verhale van karakters uit Suid-Afrika en Nederland en vertel die verhaal van Mentje de Vries, ‘n 10-jaar-oue Nederlandse dogtertjie, wat haar met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in ‘n geheime wegkruipkamp bevind.
Hiér in die Nederlandse woude saam met Joodse Vlugtelinge, bevind Mentje haar in ‘n situasie wat skielik te gevaarlik raak en sy vlug noodgedwonge na familie in Arnhem, waar sy nie gasvry ontvang word nie. Mentje se stryd om oorlewing stryk voort deur die loop van die slag van Arnhem in 1944.
Aan die ander kant van die wêreld word die Suid-Afrikaanse valskermsoldaat Tinus van Jaarsveld, ‘n lid van die Britse leër om uiteindelik sy familieplaas te kan terugkoop. Tinus word byna noodlottig gewond tydens die slag van Arnhem en Mentjestel haar eie lewe in gevaar om hom te red.
Teen die einde van die oorlog kom Mentje na Tinus in Suid-Afrika waar sy sukkel om aan te pas by die Van Jaarsvelds.
Die roman vertel die verhaal van verlies, vergifenis en naasteliefde, wat weereens bewys waarom Joubert een van die gewildse Suid-Afrikaanse skryfsters van historiese romans is.
Die glansryke geleendheid was deur ongeveer 130 vroue van Newcastle bygewoon. Die vroue is vermaak deur die formidabele sangeres Ereuka van Aswegen, waarna die verwelkomings behartig is deur Marietjie Write, voorsitster van Strelitzia Vroue-instituut.
Irama Joubert het uiteindelik ook die mikrofoon gevat en die gehoor het aan haar lippe gehang soos sy vertel het waar sy die inspirasie vir Mentje se stories en die kleurvolle karakters gekry het. Haar passie vir geskiedenis het ook duidelik geblyk in haar vertelling van die geskiedenis en die navorsing wat sy in haar nuutste boek getap het.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages.
Add us on WhatsApp today! 082 874 5550

You can also email our offices: Reveshni Douglas at reveshni@caxton.co.za or newsun@caxton.co.za Bruce Douglas at Newed2@caxton.co.za Tersia Gopi at newed@caxton.co.za Zianne Leibrandt at ncschools@caxton.co.za



