FOTOS: Jak de Priester betower gehoor by The Pines
Jak de Priester begogel al vir jare Afrikaanse gehore regoor Suid-Afrika, en op 3 Maart het hy in Newcastle kom kuier.
Jak de Priester begogel al vir jare Afrikaanse gehore regoor Suid-Afrika, en op 3 Maart het hy in Newcastle kom kuier.
Na 15 jaar in die musiekbedryf kry Jak dit steeds reg om met sy immergewilde musiek, strelende stem en diep storievertel-lirieke sale regoor die land stampvol te maak.
Saterdag het Die Schuinshoogte Voortrekkerkommando en the Pines gasheer gespeel vir Jak en ongeveer 200 van sy aanhangers met ‘n onvergeetlike aand van stories, musiek en samesyn.
Die aand was ‘n wegholsukses wat afgeskop het met ‘n vlagpresentering deur twee van die verkenners van die Schuinshoogte Kommando, waarna Miané Kock die gehoor verwelkom het deur uit die Bybel te lees uit Ps. 104:33.
LEES OOK: Jak de Priester kom kuier in Newcastle op Vrydag aand
Na Jak hom op die verhoog tuis gemaak het het die aand se verrigtinge volstoom begin met nostalgiese musiek uit Jak se verlede, en ‘n paar nuwe treffers wat die gehoor terselfde tyd laat skaterlag en ‘n traan laat pik het.
Die Sally Williams Nougat sanger is al jare betrokke by verskeie Afrikaanse organisasies landswyd en na die Voortrekkers hom genader het om vir die 80-jarige bestaansjaar ‘n temalied te skryf, het Jak ook ‘n sterk band met die Voortrekkers begin vorm.
“Danie Langner het my genader om ‘n ou Voortrekkerlied heropteneem, maar ek het toe besluit ek sal veel eerder vir hulle ‘n moderne en unieke lied skryf, om die groot mylpaal te vier,” het Jak vertel.
Hierdie jaar herdenk ook die 45ste bestaansjaar van die Schuinshoogte Voortrekkerkommando wat op 10 Oktober 1973 gestig is deur Mnr Jannie le Roux, die destydse skoolhoof van Huttenpark Primêre Skool. Volgens Susan Kock, die organiseerder van die vertoning, was dit vir die offisiere en Vories van Schuinshoogte Kommando heel gepas, om hul 45ste bestaansjaar saam met Jak de Priester te vier.
“Die Voortrekkers is ‘n modern kultuurvereniging wat gaan oor spanwerk en vriendskap. Dit gaan oor ouers en kinders, en dis lekker want mens maak vriende, en jy gaan op kampe, en saam-saam leer en speel, en jy bou vriendskapsbande wat vir altyd hou,” het Susan Saterdagaand verduidelik.
Vir Jak was die ervaring ‘n belangrike gebeurtenis. Nie net het hy sy nuwe album 15 jaar, wat sy 15de jaar in die musiekbedryf vier, aan Newcastle bekend kom stel nie, maar hy het ook ‘n geleentheid gekry om geskiedenis te maak, saam met een van die oudste en grootste jeugbewegings in Suid-Afrika.
“Dit klink eienaardig, maar vir my laat Afrikaanse organisasies my tuis voel. Ek dink my dikwels in dat daar nie organisasies soos die Voortrekkers was nie, en ons was maarnet hier, en het maarnet bestaan, hoe sou ons kon leer en vier waar ons vandaan kom? Daar is so baie van hierdie organisasies wat vir so lank ‘n reuse inpak in my lewe gehad het en wat al vir so lank deel van my kultuur is. Daarom moet ons veg vir die behoud daarvan. Dis waarom ons aande soos vanaand moet ondersteun,” het Jak aan die Newcastle Advertiser gesê.
Jak de Priester en die Schuinshoogte Voortrekkerkommando het werklik ‘n glansryke aand van top gehalte musiek en vermaak verskaf en die aand sal vir baie lank onthou word.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages.
Add us on WhatsApp today! 082 874 5550

You can also email our offices on Reveshni Douglas at reveshni@caxton.co.za or newsun@caxton.co.za Bruce Douglas at Newed2@caxton.co.za Tersia Gopi at newed@caxton.co.za Zianne Leibrandt at ncschools@caxton.co.za








