FOTOS: Plaaskombuis provol pret, plesier en kos vir die fynproewer
Oudergewoonte het die kerk ontbyt verskaf op bestelling, en daar was ook talle ander produkte, van vars bewerkte vleis tot pannekoek beskikbaar.
Saterdagmiddag het die kerksaal van die Nederduits Hervormde Gemeente Newcastle uit sy nate gebars, toe gemeentelede en gaste van regoor Newcastle ingestroom het, vir die jaarlikse Plaaskombuis.
“Die Plaaskombuis is ons jaarlikse fondsinsamelingsgeleentheid. Ons gemeentelede span altyd saam en die winste van die dag gaan aan die kerk,” het Ds Hennie Louw, predikant van die gemeente gesê.
Oudergewoonte het die kerk ontbyt verskaf op bestelling, en daar was ook talle ander produkte, van vars bewerkte vleis tot pannekoek beskikbaar.
“Ons was gelukkig genoeg om hulp te kry van baie van ons gemeentelede wat vir ons vleis geskenk het, en ook hard gewerk het om ‘n aand voor die tyd die vleis te bewerk en verpak,” het Louw verduidelik.
Agter die kerk was ‘n springkasteel waar die kinders kon baljaar terwyl hul ouers rustig die samesyn in die kerksaal geniet het. Daar was ook stalletjies met koeldrank en pannekoek en tuisgebak.
Die Plaaskombuis was ‘n dag propvol vermaak vir die hele gesin en het net weereens bewys dat Newcastle se inwoners altyd saamstaan.
Vir meer inligting oor die volgende Plaaskombuis, of inligting rondom die opkomende kerkbasaar kontak gerus vir Ds Hennie Louw by henneloo@ nhk.co.za
Also remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages.
Add us on WhatsApp today! 082 874 5550

You can also email our offices on Reveshni Douglas at reveshni@caxton.co.za or newsun@caxton.co.za Bruce Douglas at Newed2@caxton.co.za Tersia Gopi at newed@caxton.co.za Zianne Leibrandt at ncschools@caxton.co.za






