FOTOS: Boeremark boer vooruit
Soos altyd was daar ook eet- en drinkgoed wat die grootste fynproewers en smulpape se monde sou laat water, en volgens Johan van Rensburg, organiseerder van die Boeremark, kon hul byna nie byhou met al die bestellings nie.
Saterdag, 14 April het hordes mense van regoor Newcastle saam gedrom by die Boeresaal vir ‘n dag van ontspanning en inkopies by die Boeremark.

Oudergewoonte was die saal weer stampvol tuis gemaakte produkte, van kunswerke tot houtspeelgoed, om van te kies en te keur.
LEES OOK: GALLERY: Family fun at the Boeremark
Soos altyd was daar ook eet- en drinkgoed wat die grootste fynproewers en smulpape se monde sou laat water, en volgens Johan van Rensburg, organiseerder van die Boeremark, kon hul byna nie byhou met al die bestellings nie.

Die Boeremark is die perfekte manier om ‘n luilekker Saterdag saam met familie en vriende deur te bring en soos gewoonlik was die mark ‘n reuse sukses.
Die volgende mark sal op 5 Mei by die ou Monte Vista Casino plaasvind, so merk die dag nou op jou almanak en kom kuier saam.
Sien jou daar!

Also remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages.

Remember to read our WhatsApp disclaimer.
You can also email our offices on Reveshni Douglas at reveshni@caxton.co.za or newsun@caxton.co.za Bruce Douglas at Newed2@caxton.co.za Tersia Gopi at newed@caxton.co.za Zianne Leibrandt at ncschools@caxton.co.za