Community galleriesGalleries

Andries Vermeulen storieman, familieman, man van God

Die BBB was vanjaar vir die eerste keer deur die kerk aangebied, as ‘n aand van ontspanning en oordenking vir die manne van Newcastle.

Andries Vermeulen se naam is sinoniem met grappies en kampvuurstories.

Op die 6de Julie het hy egter sy bekfluitjie geruil vir ‘n Bybel en sielsverhale om ‘n braaivleisvuur, by Deo Victoria se eerste Bakkies, Boerewors en (lewens)Brood (BBB) Mannedag.

Die BBB was vanjaar vir die eerste keer deur die kerk aangebied, as ‘n aand van ontspanning en oordenking vir die manne van Newcastle.

Ongeveer 500 oupa’s, pa’s en seuns van regoor Newcastle het Vrydagaand bymekaar gekom vir ‘n aand van samesyn en sielsverryking saam met die gewilde sanger, wat met ‘n kragtige boodskap die manne inspireer het om die beste man te word wat jy moontlik kan wees.

“Dis lekker om vanaand saam julle te kuier, en iets heeltemal anders. Dis iets wat my baie meer vreugde in die lewe gee as enige storietjie wat ek kan vertel of enige liedjie wat gesing kan word, as ‘n groep manne bymekaar kom, of ‘n samekoms gehou word, wat nie met die wêreld te doen het nie, maar met God,” het Andries die groep mans gegroet.

As mans is ons geneig om dikwels ons emosies te onderdruk, of ‘n sterk fassade voor te hou en dit raak al moeiliker om ‘n balans te vind tussen wat jy graag wil wees, wat die wereld van jou verwag en wat God se plan vir jou is.

As ‘n jong pa, wat daagliks besig is om (bewustelik of nie) sy seun se ‘manwees’ en toekoms te vorm is dit belangrik vir ons om mentors te hê, iemand om na op te kyk en raad te vra, en volgens Andries is dit juis dit wat hy saam met die manne van Newcastle wou verken, onder die tema “Men by birth, Man by choice.”

Tydens die gesprek het Andries graag staaltjies gedeel uit sy grootwordjare van ‘n skoolkind op straat tot ‘n suksesvolle sanger en jong pa en hy het deurlopend nagedink oor die betekenis van ‘manwees.’

“Jy as pa is ‘n windpomp. Niks wat jy doen is vir jouself nie: Jy werk dag-na-dag hard deur water diep uit die grond te pomp, nie vir jouself nie, maar vir die plante, diere en mense om jou. Tog kan jy dit ook nie regkry sonder wind nie, en vandag moet ons besef dat God ons wind is,” beskryf Andries.

In vandag se gejaagde wêreld vergeet ons maklik van die klein dinge in die lewe en ons verskuif ons fokus meer op aardse goed en werk en geld. Ons vergeet van God, maar wanneer mens Josua 24: 15 lees, besef mens op niet dat God juis die grondslag vorm van elke huisgesin; “Ek en my huis ons sal die Here dien.”

Vir Andries word die hele essensie van manwees en pa- en mentor wees in hierdie Bybelvers vas gevang.

“Ons as mans moet ons gesinne lei en beskerm en ons moet vir ons seuns leer hoe om hul toekomstige gesinne te beskerm en lei, en hier maak God dit duidelik dat ‘n huisgesin sonder Hom, niks is nie. Ons as mans het dus net een doel op aarde, en dit is om ons gesin geestelik te lei en as gesin saam God te dien. As ek en jy as pa of oupa, nie voor God staan vir ons mense nie, wie gaan dit doen?”

Die Bakkies, Boerewors en (lewens)Brood Mannedag by Deo Victoria was ‘n inspirerende aand waar manne as vriende en familie saam gekom het, om hul tekortkominge voor God te lê en opnuut mens (en man) te word saam met God.

“’n Pa kyk af na sy seun en sien wat hy kweek, ‘n seun kyk op na sy pa en sien wat hy graag wil wees,” het Andries vermeulen die aand afgesluit.

 

Also remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages.

Add us on WhatsApp today! 082 874 5550

Remember to read our WhatsApp disclaimer.

You can also email our offices; Reveshni Douglas at reveshni@caxton.co.za – Bruce Douglas at Newed2@caxton.co.za – Tersia Gopi at newed@caxton.co.za – Zianne Leibrandt at ncschools@caxton.co.za and F.C. Pelser on sam@caxton.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button