FOTOS: Die APK Newcastle hou makietie
Die basaar word jaarliks aangebied as ‘n fondsinsamelingsprojek vir die kerk asook die projekte wat die gemeente deur die loop van die jaar aanpak.
Die afgelope naweek het die Afrikaanse Protestante Kerk van Newcastle ‘kamp opgeslaan’ op die hoek van Murchison- en Hardwickstraat om groot makietie te hou!
Vir die gemeentelede van die kerk en die res van Newcastle se inwoners is dié markiestent al ‘n instelling wanneer die kerk hul jaarlikse basaar aanbied.
LEES OOK: GALLERY: Snips market day a great success
Hierdie jaar het gaste oudergewoonte weer verdwaal in die wolk van geure wat deur die tent gewaai het en al wat ‘n Newcastlese smulpaap is kon hulle verlekker aan ‘n verskeidenheid lekkernye, soos jaffles, skaapvleis en (natuurlik) pannekoek.
Die basaar word jaarliks aangebied as ‘n fondsinsamelingsprojek vir die kerk asook die projekte wat die gemeente deur die loop van die jaar aanpak.
Vrydag (3 Junie) het die feestelikheid afgeskop met ‘n lekker potjiekos en volgens Ds. Coen van Rensburg het dit die perfekte atmosfeer geskep vir ‘n suksesvolle basaar.
Maak gerus kontak met die kerk en maak seker jy is volgende jaar deel van die lekker kuier, lekker kos en lekkerkry!
Also remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages.

Remember to read our WhatsApp disclaimer.
You can also email our offices; Reveshni Douglas at reveshni@caxton.co.za – Bruce Douglas at Newed2@caxton.co.za – Tersia Gopi at newed@caxton.co.za – Zianne Leibrandt at ncschools@caxton.co.za and F.C. Pelser on sam@caxton.co.za







