EntertainmentGalleriesLifestyleNewsSchoolsSchools galleries

Nostalgia awakens at school play

Saam met ‘n saal vol mense kon die gemeenskap van Volksrust en omgewing weereens ‘n spesiale aand geniet het op 17 Oktober, aangebied deur Hoërskool Volksrust se Con Spirito @ Home.

Saam met ‘n saal vol mense kon die gemeenskap van Volksrust en omgewing weereens ‘n spesiale aand geniet het op 17 Oktober, aangebied deur Hoërskool Volksrust se Con Spirito @ Home.

Behalwe dat Con Spirito ‘n liefdadigheidsorganisasie is, het dit ook die doel om ‘n platform te bied om jong kreatiewe talent te ontwikkel.

Dit was weer tyd vir Hoërskool Volksrust se Con Spirito @ Home Kerskonsert, wat ook ‘n jaarlikse funksie geword het net soos die jaarlikse hoofkonsert.

Con Spirito het ook die geleentheid gehad om hierdie konsert op te dra aan die bewusmaking van borskanker tydens die huidige internasionale borskankermaand en die pienk strikkies om die pienk programme het hierdie boodskap spesiaal oorgedra.

Anelda Naudé, die aand se seremoniemeester, het die gehoor se giggel-instinkte geprikkel met haar skerp sêgoed en almal het sommer tuis gevoel. Hierdie konsert het met van die jongste deelnemers nog gespog en die gehoor het die jong nuwelinge behoorlik geniet.

Een van die hoofdryfveers van Con Spirito, me Marietjie Steyn, het weereens bewys hoekom sy bekend is as ‘n uitsonderlike talentvolle pianis toe sy van die musiekitems begelei het.

Van hierdie items het ingesluit: tjellospel deur beide van haar seuns (die appel val beslis nie ver van die boom af nie), dwarsfluit, altfluit, ens. Verskeie sangitems het die aand opgehelder en die gehoor was beïndruk met die volharding en vordering van die sangers, wie bekende gesigte al geword het by Con Spirito.

The Volaré dance school graced the audience with amazing performances that carried the message of Christmas Eve in an old mansion’s dining hall. The atmosphere was that of a fairy tale and hearts were warmed by the wide variety of high quality dance items, which included ballet, Spanish dance, etc. This year’s head boy, Joshua Dreyer, was the very entertaining Santa and he also brought some of his little elves with him.

A sense of pride settled in the hearts of the organisers, performers and the audience to have been the witnesses and part of such a special occasion. Some of this year’s Grade 12 pupils also got to perform on the VHS stage for the last time during their school career and this gave the audience a feeling of nostalgia.

Con Spirito @ Home wil graag almal bedank wat die aand bygewoon het en ‘n spesiale dank ook aan elke deelnemer, die ondersteuners van hierdie deelnemers, die helpers van die aand en me Karen Jacobs vir die pragtige blomme.

Aan me Marietjie Steyn en me Marynza de Bruin, wie die hooforganiseerders is van Con Spirito @ Home, kan daar nie genoeg woorde uitgedeel word om vir hulle dankie te sê vir hulle moeite en hartspassie nie. Spesiaal dankie aan Hoërskool Volksrust se Beheerliggaam, onderwysers en skoolhoof, mnr Jan Ferreira, wie die doel van Con Spirito @ Home ondersteun.

The most special thanks we give to Jesus Christ who has so graciously blessed every person with every talent. To Him be the glory and honour forever and always.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button