Atletiekbyeenkoms ‘n reuse sukses by LMS
JUNIOR Fase Oueraand: Hierdie geleentheid op 10 Februarie is baie goed ondersteun deur die betrokke ouers. Baie dankie aan die personeel vir hul voorbereiding onder leiding van Mev Mariana Riley as Departementshoof en hul akkommodering van ons ouers. Baie dankie aan elke ouer wat hierdie gespreksgeleentheid benut het. Atletiekbyeenkomste: As gevolg van die uitstel van …
JUNIOR Fase Oueraand: Hierdie geleentheid op 10 Februarie is baie goed ondersteun deur die betrokke ouers. Baie dankie aan die personeel vir hul voorbereiding onder leiding van Mev Mariana Riley as Departementshoof en hul akkommodering van ons ouers.
Baie dankie aan elke ouer wat hierdie gespreksgeleentheid benut het.
Atletiekbyeenkomste: As gevolg van die uitstel van ons velditems byeenkoms moes hierdie byeenkoms sowel as ons baanitems gedurende een week afgehandel word.
Tydens hierdie byeenkomste is massadeelname steeds 'n hoë prioriteit en elke atleet wat deelgeneem het kan met reg trots wees.
Die senior leerlinge wat as resieleiers opgetree het, het 'n groot bydrae gelewer tot die entoesiasme op die pawiljoene en hul inisiatief tot die aanloop van beide byeenkomste het weer almal verstom.
Baie geluk aan die volgende atlete wat as trofee wenners aangewys is:
Ruan Muller – Steph Els Wisseltrofee vir seuns 0/13; Chenanty du Plessis – LMS Wisseltrofee vir dogters 0/13; Eckhart Potgieter – Beste prestasie in 'n enkele item; Hanske Putter – Beste prestasie – seuns hekkies; Nadine van Wyk – Beste prestasie – dogters hekkies; Cole van Rooyen – Junior Victor Ludorum; Kyla Becker – Junior Victrix Lundorum; JJ Foord – Senior Victor Ludorum en Angelique Grobler – Senior Victrix Ludorum.
Die Gemsbokspan het as wenners uit die stryd getree met 803 punte.
Die volgende atlete verdien spesiale vermelding vir rekords wat verbeter is: Zarina Knoetze (Spiesgooi dogters 0/11); Eckhard Potgieter (150m seuns 0/12) en die Gemsbok Kampioen Aflosspan vir die 4 x 100m.
Tydens die kampioen van kampioene item, wat altyd groot belangstelling uitlok, het Eckhard Potgieter as die vinnigste seun en Zoé Richards as die vinnigste dogter in die skool gekwalifiseer.
Baie dankie aan die volgende: Mev Marelise Joubert; Mnr André Bester en die werkers van LMS vir alle reëlings van die byeenkomste; personeel en ouers wat as beamptes opgetree het; alle ondersteuners en Mnr Peet Coetzee vir die oorhandiging van trofees.
Ruitersport: Baie geluk aan Nina Terblanche wat onlangs aan die Mpumalanga Skole Perdesport-kampioenskappe deelgeneem het en twee eerste plekke verower het, asook drie tweede plekke.
LMS Kalender:
21 en 22 Februarie – “Mind Moves” werkswinkel
27 Februarie – Speletjiesaand



