HSP – Ons gaan groot met geesvang
PIONIER is ‘n miernes van bedrywighede met die jaarlikse geesvangweek. Pionier maak reg vir die bepaling van die naweek teen Voortrekker Pietermaritzburg. Sterkte aan al die sportspanne. Ons neem afskeid van meneer Jan-Hendrik Scheepers. Ons beste wense vergesel hom daar waar hy sy liefde vir die beroep by Voortrekker Bethlehem gaan voortsit. Sterkte aan mnr …
PIONIER is ‘n miernes van bedrywighede met die jaarlikse geesvangweek.
Pionier maak reg vir die bepaling van die naweek teen Voortrekker Pietermaritzburg. Sterkte aan al die sportspanne. Ons neem afskeid van meneer Jan-Hendrik Scheepers. Ons beste wense vergesel hom daar waar hy sy liefde vir die beroep by Voortrekker Bethlehem gaan voortsit.
Sterkte aan mnr J Coetzee wat die naweek aan die Comrades Marathon deelneem. Ons hou duime vas!
Poort-skryfkompetisie: Baie geluk aan Nicole Pelzer. Een van haar skryfstukke is gekies om opgeneem te word in hierdie bekende bundle wat in Oktober verskyn. Sowaar ‘n puik prestasie!
Varswater hengel: John-Wayne Seatoin word opgeneem in die Natal o/19 B-span.
Geluk! Skyfskiet: Pionier se skuts skiet hierdie afgelope naweek posliga. Graag gee ons die top uitslae deur: Mari Myburgh kom eerste in die o/21 sporterklas; Pieter Claassen is eerste in die o/14 sporterklas en Heinrich Harris ontvang ‘n eersteplek in die o/16 veerklas.
Ringbal: Geluk aan al die onderwyseresse en leerlinge wat tot Natal Ringbal – spanne verkies is. Juff Herbst, Gerber en Le Roux word in die dames A-span opgeneem. Juf Herbst word ook as die kaptein van die span aangewys. Die dogters tree as die naaswenners van die Natal B-liga uit die stryd. Baie geluk!
Rugby: Sterkte aan die tien seuns wat aan finale Natal-proewe in Pietermaritzburg deelneem.
Akademie: Sterkte aan al die leerlinge wat voorberei vir die Junie-eksamen. Harde werk sal vrugte werp!

Netbal: Baie geluk aan die volgende netbalspelers wat tot die KZN-netbalspanne verkies is: Leandri Harmse; Lisa-Marie Mentz; Jessica Taylor; Heidi Steffen; Ashley Reimers; Emminé Mostert; Jané Claassen; Naomi Müller en Simoné Bornman.



