Hoërskool Volksrust behaal welslae in die EBW Quiz Kompetisie
Drie Graad 8 en 9 leerlinge van onderskeie skole moes dit uitspook om te bepaal wie die inhoud van die vak, Ekonomiese Wetenskappe, die beste ken. Die leerlinge van Netherland Park Secondary School, Ermelo het gewen, met Volksrust Hoërskool in die tweede plek en Nlela Secondary School, Piet Retief in die derde plek. Die jaarlikse …
Drie Graad 8 en 9 leerlinge van onderskeie skole moes dit uitspook om te bepaal wie die inhoud van die vak, Ekonomiese Wetenskappe, die beste ken. Die leerlinge van Netherland Park Secondary School, Ermelo het gewen, met Volksrust Hoërskool in die tweede plek en Nlela Secondary School, Piet Retief in die derde plek.
Die jaarlikse kompetisie word aangebied deur die Departement van Onderwys, in samewerking met die South African Foundation for Economic and Financial Education (SAFEFE), wat poog om onderrig in Ekonomiese Wetenskappe te bevorder. Slegs die beste drie leerlinge in elke skool neem dan deel en leerlinge word getoets oor die inhoud van hulle Graad 8 en 9 sillabus.
Die drie skole het die Gert Sibande Distrik verteenwoordig in die provinsiale EBW Quiz op 30 Mei in Witbank. Volkies het hier ook goed gevaar en algeheel derde geëindig.
Photo gallery of Newcastle school events published in June.



