NewsSchools

Hoërskool Volksrust Danssentrum eksamen uitslae

Die leerlinge het hulle harte uitgedans en die volgende punte behaal

Leerlinge van Hoërskool Volksrust Danssentrum het op 29 Julie eksamen afgelê. Hierdie eksamen was slegs vir die ballet pre-grades en grades. Die leerlinge het hulle harte uitgedans en die volgende punte behaal:

Anzel Alberts, Graad 3 (Onderskeiding), Zunne van Heerden, Graad 1(Onderskeiding), Nerissa van Heerden, Graad 1 (Onderskeiding), Esme van der Merwe, Graad 1 (Onderskeiding).

Die Tiny Tots 2 se eksamen word slegs as suksesvol of onsuksesvol gegradueer, en almal was suksesvol. Jaydine Koekemoer, Mia Myburg, Naomi van der Schyf, Madri Engelbrecht, Megan Gallie, Jessica Hatting, Leanne Moll en Inke Oosthuizen het die eksamen afgelê.

Veels geluk aan hierdie dansers, julle maak Hoërskool Volksrust Danssentrum trots!

Na afloop van die eksamensessie het die eksaminatrise ‘n werkswinkel aangebied vir die Intermediate Foundation graad. Sune Reyneke het die werkswinkel bygewoon op Newcastle. Daar is baie op spiergebruik en spierbeheer gefokus. Sune het hierdie werkswinkel baie leersaam en motiverend gevind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button