
Verlede Donderdag het Volksrust Hoërskool Tienerhof se meisies besluit om bietjie iets anders as die gewone te doen.
Die matrieks wou hul koshuis-sussies bedank vir al die kere wat hulle skouers beskikbaar was wanneer die harte seer was, die glimlaggies wanneer hulle dit nodig gehad het, die laat-aand geselsies met koffie en beskuit en die samewerking met koshuispligte. Hulle wou veral dankie sê dat hulle ‘n familie weg van die huis af kon hê.
Hierdie dankie-sê het gepaard gegaan met pizza. Daar was ‘n pizza-basis aan elke meisie voorsien en elkeen moes hulle eie “toppings” bring en ‘n pizza bou. Almal het hulle gate uit geniet en hulle knuppeldik geëet. Weereens bewys dit dat alhoewel nie een meisie in die koshuis dieselfde is nie, hulle saam ‘n wen-kombinasie maak.
Sterkte met julle pad vorentoe!



