Volkies geniet die buitelug by Balele
Hoërskool Volksrust se Graad 10 leerlinge het hierdie jaar bekende waters vaarwel toegeroep en na Balele Mountain Lodge toe vertrek op 23 September. Dit was ‘n nuwe ondervinding vir die leerlinge; hulle moes buite slaap, self kosmaak en self wakker word! Dit was ‘n groot kultuurskok. Elke dag was daar ‘n vol program met aktiwiteite …

Hoërskool Volksrust se Graad 10 leerlinge het hierdie jaar bekende waters vaarwel toegeroep en na Balele Mountain Lodge toe vertrek op 23 September.
Dit was ‘n nuwe ondervinding vir die leerlinge; hulle moes buite slaap, self kosmaak en self wakker word! Dit was ‘n groot kultuurskok.
Elke dag was daar ‘n vol program met aktiwiteite wat deur Estelle van Deventer en oom Neels en sy dogter aangebied is.
Op Donderdag, 25 September het die moeë leerlinge na middagete op die bus geklim, terug skool toe.
Baie dankie aan Geraldine Combrink wat die leerlinge vergesel het. ‘n Groot dankie aan Estelle en Cobus van Deventer wat dit ‘n paar onvergeetlike dae gemaak het.



