NewsSchools

Volksrust Hoërskool se top presteerders vir 2014

Volksrust Hoërskool het onlangs hulle jaarlikse akademiese prysuitdeling gehou. Die aand het afgeskop met skriflesing en gebed deur ds. Paul Buitendag. Daarna het Estie Spoelstra, die voorsitter van die huidige Beheerliggaam die ouers toegespreek en ‘n verslag gelewer oor die Beheerliggaam se werksaamhede die afgelope jaar. Die 2014 UK Voorsitter, Jean Els en Onder Voorsitter, …

Volksrust Hoërskool het onlangs hulle jaarlikse akademiese prysuitdeling gehou.

Die aand het afgeskop met skriflesing en gebed deur ds. Paul Buitendag. Daarna het Estie Spoelstra, die voorsitter van die huidige Beheerliggaam die ouers toegespreek en ‘n verslag gelewer oor die Beheerliggaam se werksaamhede die afgelope jaar.

Die 2014 UK Voorsitter, Jean Els en Onder Voorsitter, Carlien Senekal het hulle afskeidstoesprake gelewer en die nuwe UK sterkte toegewens vir 2015. Die twee voorsitters van die koshuise, Ricus Truter (Horison) en Ina-Mari Geldenhuys (Tienerhof) het ook die geleentheid benut om almal te bedank en die nuwe leiers aan te moedig om die tradisies te laat voortleef en hulle eie tradisies te vestig.

Die leerlinge vanaf Graad 8 tot en met Graad 11 het die perfekte voorprogram aangebied vir die Graad 12 presteerders se groot aand, wat hulle beloning ontvang het vir harde werk en opofferings deur die jaar. Erekleure vir rugby, balkies vir rugby, hokkie en atletiek, sowel as sertifikate en hoofdetoekennings is aan die presteerders toegeken.

Daarna was dit die beurt van die skool se akademiese reuse om die arena te betree. Die Graad 12 leerlinge op wie se skouers die komende eindeksamen se sukses rus, het kom wys waarom die skool hulle so hoog ag. Altesaam 12 leerlinge het balkies vir akademie met ‘n gemiddeld van bo 70 persent ontvang, vier het erekleure vir ‘n gemiddeld van bo 80 persent ontvang en twee het spesiale erekleure vir ‘n gemiddeld van bo 85 persent ontvang . Verskeie onderskeidingsertifikate (80 persent +) en diplomas vir die beste prestasie in ‘n elke vak tesame met kontantpryse is ook oorhandig.

Baie geluk aan al die pryswenners.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button