Ichthus vereer hulle top presteerders
Op Woensdagaand 3 Desember is Ichthus se prysuitdeling weereens op luisterryke wyse gevier! Na mev Viljoen se gepaste verwelkoming en mnr David Jacobs se inspirerende boodskap, het die koor gesing. Die skoolhoof, mev Helena Viljoen, het haar jaarverslag in rympievorm voorgehou, tot vermaak van oud en jonk.Elke kind by Ichthus ontvang ‘n boekprys waarin sy/haar …
Op Woensdagaand 3 Desember is Ichthus se prysuitdeling weereens op luisterryke wyse gevier! Na mev Viljoen se gepaste verwelkoming en mnr David Jacobs se inspirerende boodskap, het die koor gesing. Die skoolhoof, mev Helena Viljoen, het haar jaarverslag in rympievorm voorgehou, tot vermaak van oud en jonk.
Elke kind by Ichthus ontvang ‘n boekprys waarin sy/haar unieke prestasies en karaktereienskappe vermeld word.
Die sertifikate en trofeë was as volg:
Beste akademiese prestasie Gr 4 E: Amy-Faith Stein 85%; Gr 4 A: Robert Abrahamse 87%; Gr 5 E Sphesihle Maphalala 84% ; Gr 5 A: Tiana Maritz 92%; Gr 6 E MacGreiger Stein 85%; Gr 6 A: Drémar Jacobs 83%.
Beste Leerling in Afrikaans Huistaal Gr 5, 6, 7: Andrea Oosthuizen; Beste Leerling in Afrikaans Addisionele Taal Gr 5, 6, 7: Alwande Mkhize; Best student in English Home Language Gr 5, 6, 7: Tamarah Grierson; Best student in English Additional Language Gr 5, 6, 7: Tiana Maritz; Meeste punte in Algemene Kennis – Eksamen (Gr 4 – 7): Tamarah Grierson; Beste leerling Gr 4-7: Drama: Jan-Frederik van Zyl en Tamarah Grierson; Beste Afrikaanse Redenaar: Anél de Goede (XEROX / XTEC trofee); Best English Orator: Mthokozisi Ngubane (XEROX /XTEC trofee); Beste senior skaakspeler: Jan-Frederik van Zyl (Ilse Wellmann-trofee).
Beste leerlinge in Bybelvasvra Gr 4-7: Graad 4: Robert Abrahamse, Graad 5: Tiana Maritz, Graad 6: MacGreiger Stein, Graad 7: Yolanda Bidla.
KZNCSSA kleure: Amy-Faith Stein, Sam Maltman, Mikayla Nanan, Zisanda Mazibuko, Hayden Caldecot, MacGreiger Stein, Andrew Tiley, Drémar Jacobs, Preston Caldecott, Olwethu Hadebe, Alwande Mkhize, André Spies, Jan-Frederik van Zyl, Mthokozisi Ngubane, Tadiwa Chawanda, Vukile Buthelezi.
SACSSA kleure: Hamish Grierson, Preston Caldecott, Jan-Frederik van Zyl, Vukile Buthelezi.
SASA KZN en ASA KZN: Jan-Frederik van Zyl (Atletiek).
Beste individuele prestasie in atletiek Gr 1 – 7: Jan-Frederik van Zyl (Spiesgooi) (Jan van Zyl trofee).
Junior Sportseun: Hamish Grierson (Viljoen trofee); Junior Sportdogter: Amy-Faith Stein (Venter trofee); Senior Sportseun: Jan-Frederik van Zyl (Ingrid Orban / Sanlam Trofee); Senior Sportdogter: Alwande Mkhize (Ingrid Orban / Sanlam Trofee).
Graad 7 spesiale pryse: Tegnologie-trofee: Tadiwa Chawanda (Pieter en Yolandi van Zyl Trofee); Kultuurtrofee: Andrea Oosthuizen (Brigitte Cilliers Gedenktrofee); Diensbaarheid: Tamarah Grierson (Boetie en Merle Lategan Trofee); Vasberadenheidstrofee: Ethan Leyland (Lené Prinsloo Gedenktrofee); Vrug van die Gees/karakter trofee: Jan-Frederik van Zyl (Neville and Sarika Reis trophy) Naaswenner Dux leerling: Tamarah Grierson (Chris en Helga de Jager Trofee); Dux Leerling: Andrea Oosthuizen (Sanlam/Ingrid Orban Trofee): Veelsydigheidstrofee (Sport; Leierskap; Akademie; Kultuur): Tamarah Grierson en Jan-Frederik van Zyl (George & Jane Adalis Trofee).
Na die prysuitdeling is al die personeel na vore geroep en bedank vir al hulle harde werk deur die jaar. Ichthus groet in die besonder vir Mev Hendrien Jordaan wat aftree. Die skook bid haar God se rykste seën toe.
Die aand is afgesluit met die oorhandigingseremonie waar die Gr 6 leerlinge die leierskap van die skool by die Gr 7 leerlinge oorneem.
Ichthus bedank al die ouers, kinders en personeel wat saamgewerk het om van hierdie jaar ‘n besondere sukses te maak! Ichthus loof die Here! Mag elkeen die vakansie besonder baie geniet!



