Lucas Meyer Primêre Skool – Personeel en leiers gereed vir 2015
2015 HET in aanvang geneem en LMS se personeel en leiersgroep is gereed om voor te vat en voor te loop. Al die verskillende leerlingrade het die laaste week van 2014 indiensopleiding ontvang. Verskeie aspekte soos spanwerk, konflikhantering, doelwitte vir 2015 is onderandere aangeraak. Mev Inmari Carstens het ‘n spesiale sessie ingewerk om leerlinge te …
2015 HET in aanvang geneem en LMS se personeel en leiersgroep is gereed om voor te vat en voor te loop.
Al die verskillende leerlingrade het die laaste week van 2014 indiensopleiding ontvang. Verskeie aspekte soos spanwerk, konflikhantering, doelwitte vir 2015 is onderandere aangeraak. Mev Inmari Carstens het ‘n spesiale sessie ingewerk om leerlinge te help met die beheer van hul emosies.
Die leerlingleiers van 2014 het as fasaliteerders opgetree en was van onskatbare waarde tydens die aanbieding. Ryno Swanepoel en Carla Viljoen, hoofprefekte van 2014 het ook die afneem van die prefekte se erekode voorgehou, waarna die leiers dit gesamentlik afgele het. Die verrigtinge is afgesluit met ‘n funksie in die skoolsaal waartydens hulle ouers die geleentheid gekry het om hul leierbalkies aan te steek.
Die personeel van LMS het met spoed 2014 afgesluit en verskeie sake is afgehandel en was ons gereed vir die nuwe jaar. Die buitewerkers, in samewerking met mnr Leo van Schalkwyk, het ‘n vakansieprogram aangepak om seker te maak dat die skool- en sportterrein versorg is deur die loop van die Desembervakansie. Die skoolhuis is oorgeverf en lyk pragtig. Baie dankie aan die Beheerliggaam olv mnr Jaco Van Rensburg wat die projek aangepak het. Die nuwe graad vyf klas lyk pragtig en is ten volle toegerus vir die jaar se aktiwiteite.
Baie dankie aan elke ouer en personeellid wat altyd positief bydra tot LMS se vorentoe gaan. Ons sien uit na ‘n voorspoedige 2015.
Kalender
22-26 Januarie – Sportuitdunne
27 Januarie – Skoolrooster in werking



