Die Hoërskool Volksrust danssentrum se 2014 voorneme was om die danssentrum op te gradeer.
Die hoof en beheerliggaam het ingestem op voorwaarde dat die leerlinge die geld invorder. Die leerlinge het hard gewerk en verskeie mense het ingespring om te help.
In 2013 reeds was die danslokaal verskuif vanuit die LO-saal na ‘n klaskamer met houtvloere. Wat ‘n vreugde was dit nie vir die dansers om op ‘n vloer te dans wat meegee nie. Mnr Preuyt Louw en sy werkers het die spieël wat in die LO-saal was, na die nuwe danslokaal verskuif..
Die danssentrum bedank Hoërskool Volksrust vir die hout wat hulle geskenk het vir die maak van die barre reëlings.
Met die spieël en nuwe barre het die vloer onder oë gekom. Na vele toetse en probeerslae is die perfekte vloeroppervlak uiteindelik gevind.
Dankie aan Mnr Preuyt Louw vir die leiding wat die sentrum ontvang het. Die leerlinge het fluks aan die werk gespring en begin geld insamel.
Die organiseerders van Hoërskool Volksrust se halfjaarlikse musiek- en danskonsert, Con Spirito @ Home, het agtergekom dat die dansleerlinge hard probeer om voldoende fondse in te samel vir die opgradering van die danslokaal se vloer en besluit om te help.
‘n Bydrae van R2 989 is ontvang van die Con Spirito organiseerders. Hierdie bedrag is opgemaak deur donasies van die gemeenskap en word elke jaar aangewend na goeddunke van die organiseerders. Ons is opreg dankbaar vir hierdie bydrae.
Die leerlinge en instrukteur kan nie uitgepraat raak oor die pragtige nuwe lokaal nie.
Dankie aan almal wat bygedra en gehelp het om hierdie visie tot uitvoer te bring. Baie dankie aan die ouers vir elke kontantbydrae.
Volksrust Hoërskool se danssentrum is baie trots op die nuwe lokaal.



