Nuwe Republiek Skool – NRS skop die jaar goed af
Ná die tweede week van skool is al ons nuwe Graad 1 leerlinge al goed ingeburger en begin hulle gewoond raak aan die roetine en is al besig om hulle eerste woordjies te lees. Verlede week het NRS twee suksesvolle inligtingsaande aangebied wat baie goed deur ons ouers bygewoon is. Dinsdagaand kon ouers van Graad …
Ná die tweede week van skool is al ons nuwe Graad 1 leerlinge al goed ingeburger en begin hulle gewoond raak aan die roetine en is al besig om hulle eerste woordjies te lees.
Verlede week het NRS twee suksesvolle inligtingsaande aangebied wat baie goed deur ons ouers bygewoon is. Dinsdagaand kon ouers van Graad 1 tot 3-leerders nader kennis maak met hulle kinders se onderwyseresse in hulle klasse. Woensdagaand het die ouers van Graad 4 tot 7 in die Ben Pienaar-saal bymekaargekom. Hulle het waardevolle insette rakende dissipline gelewer. Dit is baie bemoedigend hoe ouers en onderwysers nou saam hande vat in die beste belang van ons kinders.
Die afgelope week het die swemoefeninge in die middae aan die gang gekom. Ons atlete het ook begin oefen vir die aflosbyeenkoms van volgende week.
Visvang: Die eerste skole-liga vir visvang het die afgelope naweek by die Klipfonteindam plaasgevind. NRS het vyf spanne ingeskryf. Die toestande was moeilik, maar die hengelaars het baie geduld aan die dag gelê en aanhou probeer. Volgende week gee ons vir u die uitslae. Dankie aan al die ouers wat hulle kinders gebring het.
Belangrike datums:
Woensdag, 11 Februarie: Aflosbyeenkoms by Hoërskool Vryheid
Donderdag, 12 Februarie: Inflatables Gr. 4-7
Valentynsokkie Gr. 4-7
Vrydag, 13 Februarie: Inflatables Gr. 1-3



