Hoërskool Pionier – Pionier leerders is besige bytjies
DIE interhuis het Woensdag, 28 Januarie plaasgevind. Pionier het maar die reën trotseer en gehoop en bid om nie weg te spoel nie. Gelukkig was die weer nie te goor nie en kon die atletiek voortgaan. Dit was pragtige atletiek. Die Victor Ludorms was Riaan le Roux (senior) en Stefan de Beer (junior) en die …
DIE interhuis het Woensdag, 28 Januarie plaasgevind.
Pionier het maar die reën trotseer en gehoop en bid om nie weg te spoel nie. Gelukkig was die weer nie te goor nie en kon die atletiek voortgaan. Dit was pragtige atletiek. Die Victor Ludorms was Riaan le Roux (senior) en Stefan de Beer (junior) en die Victrix Ludorms was Natasha Kleyn (senior) en Sarchelle van der Merwe (junior), baie geluk aan hierdie leerders met hulle puik prestasies. Die wen laers vir die dag was Dewet en Ixia.
Groentjiekonsert: Die groentjiekonsert het op Donderdag 29 Januarie plaasgevind. Die graad 8 leerlinge het te oulik gelyk en gepraat en daar is verseker baie talent onder die klomp! Daar was toneelstukke soos Shrek, Dora the Explorer en Jou Show wat die gehoor laat skaterlag het. Daar het ook verseker ‘n paar ‘Prince Charmings’ en ‘Dramaqueens’ na vore gekom. Dit was ‘n suksesvolle aand wat nie sommer vergeet sal word nie.
Atletiekbyeenkoms: Die atlete het vroeg Saterdagoggend op die bus geklim oppad Piet Retief toe om te gaan deelneem aan die vriendskaplike atletiekbyeenkoms wat aangebied is deur Hoërskool Piet Retief. Daar was ook baie ander omliggende skole wat uitgenooi is om deel te neem aan hierdie byeenkoms, so die kompetisie was redelik straf en uitdagend.
Pionier se atlete het soos volg presteer: Seuns: o/14: Stefan de Beer tweede plek in die 100 m hekkies en eerste plek in diskus (nuwe rekord in hierdie item). Hy is ook gekies as die beste veld atleet vir die dag. Ruben Botha behaal eerste plek in hoogspring en breek die rekord, hy behaal ook eerste plekke in die 200m en verspring en tweede plek in die 100m. SW Craig het tweede plek behaal in diskus.
o/15: FC Claase behaal tweede plekke in hoogspring en diskus. Marno Craythorne behaal derde plek in die 400m en tweede plek in verspring. Charles Meintjies is tweede in spiesgooi en derde in verspring. Roland Breedt behaal derde plek in die 1500m.
o/16: Johnny Blaau, derde plek in 400m hekkies, Paul Lotter derde in gewigstoot en Jacques Lindeque is derde in die 100m. o/17: Jaco Odendaal behaal derde plek in die 400m hekkies asook in die 110m hekkies en Marco Fuhri tweede plekke in die discus en gewigstoot. o/19: Hugo van Zyl behaal ‘n tweede plek in hoogspring.
Dogters: o/14: Sarchelle van der Merwe derde plek in 400m en Zandri Meyer behaal eerste plek in gewigstoot en diskus en stel in albei items ‘n nuwe rekord op. Zandri Meyer is ook aangewys as die beste junior veld atleet en behaal die hoogste ABSA punt van die dag.
o/15: Johanette Wilken is derde in verspring en eerste in hoogspring. o/16: René Coetzer is eerste in verspring en tweede in hoogspring en Natasha Kleyn is derde in verspring en 200m, tweede in die 100m en eerste in gewigstoot (sy stel ook ‘n nuwe rekord op in die item). o/17: Jenny-Lee Bouwer is derde in die 800m en 400m, Jessica Taylor is derde in die 100m hekkies, Carla Combrinck is tweede in die 100m en 100m hekkies asook in verspring en behaal eerste plek in die 100m en Michelle Pelzer is tweede in die 1500m.
o/19: Anandi Blaauw behaal derde plek in 100m en tweede plek in 400m hekkies en verspring en eerste plek in die 200m en Nicole Pelzer is tweede in die 800m en derde in die 3000m en Bernadette Wenning is tweede in die 100m hekkies en Anneri Lens behaal eerste plek in gewigstoot en stel ‘n nuwe rekord op, sy is ook eerste in die diskus en stel daar ook ‘n nuwe rekord op.
Ruitersport: Sterkte aan Christell Liebenberg wat gaan deelneem aan die eerste kwalifiserende rondte van ruitersport. Ons is trots op jou.
Chelmsford Challenge: Die Pionier oopwater swemmers neem op 31 Januarie deel aan die Chelmsford Challenge in Normandien. Baie geluk aan almal wat die onderskeie swemafstande voltooi het: 500m: Marno Grobler; Leon Groenewald; Lizbé Venter; Hugo Stofberg en Mnr van Tonder. 1000m: Jahnthé Smuts; Jaco van der Merwe; Michael Williams; Frederik Nel; Jaco Schutte; Euné Bosch; Sanica Williams; Ruan Bosman en Juffrou Gerber. 3000m: Waldo Durand.
Baie geluk aan die volgende mense wat meer as een item geswem het of pryswenners was: Christopher Doust (500m, 1000m en 3000m); Lésa Swanepoel (500m en 1000m); Jana Schoeman (3000m en 1000m en is derde in haar ouderdomsgroep in 1000m); Cleo Nel ( 1000m en tweede in haar ouderdomsgroep) en Mnr H Venter (1000m en eerste in sy ouderdomsgroep).



