NewsSchools

Lucas Meyer Primêre Skool – Atletiekbyeenkoms ‘n suksesvolle uitdaging

  MET DIE intrapslag kon ‘n mens die moeite en sorg waarmee elke byeenkoms beplan en aangebied is waarneem. Dit was met albei ons byeenkomste mooiweersdae en LMS se atlete het die hitte goed geabsorbeer en voluit deelgeneem. Die atletiekbyeenkoms georganiseer deur mev Marelise Joubert, met die hulp van mnr Pieter Aucamp, Leo van Schalkwyk …

 

MET DIE intrapslag kon ‘n mens die moeite en sorg waarmee elke byeenkoms beplan en aangebied is waarneem.

Dit was met albei ons byeenkomste mooiweersdae en LMS se atlete het die hitte goed geabsorbeer en voluit deelgeneem. Die atletiekbyeenkoms georganiseer deur mev Marelise Joubert, met die hulp van mnr Pieter Aucamp, Leo van Schalkwyk en die werkers, was van hoogstaande gehalte.

Verskeie ouers het die dag ook saam met ons spandeer en het of as beamptes opgetree of as toeskouers ondersteun. Massa deelname sonder om afbreuk te doen aan hoë gehalte, was die kenmerk van elke byeenkoms en natuurlik was die besoek van LMS se gr R en RR leerlinge, asook Karnallie se leerlinge ‘n hoogtepunt. Die inkom van ons rasieleiers was ook vanjaar vol inisiatief. Die uitdeel van medaljes aan die drie topatlete van elke item dra altyd by tot goeie kompetisie tussen die atlete.

Baie dankie aan elke persoon wat die dag ‘n sukses help maak het. Die gebruik van Hoërskool Pionier se pragtige fasiliteite dra beslis ook by tot ons dag se sukses. Baie dankie dat LMS sonder uitsondering weereens op Hoërskool Pionier se knoppie kan druk vir u hulp en gebruik van fasiliteite. Lucas Meyer personeel was soos gewoonlik almal op hul poste. Baie dankie aan mnr Jaco van Nieuwenhuizen, Sportverteenwoordiger op die BHL, wat die trofe? oorhandig het na afloop van ons byeenkoms.

Baie geluk aan die volgende atlete wat as volg presteer het: Rekords verbeter: Jacques Erwee Diskus S0/13; Tydens ons spesiale kampioen van kampioene item word die vinnigste seun en dogter vir 2015 bepaal. Eckhardt Potgieter (0/13) was die vinnigste seun en die vinnigste dogter was Zoë Richards.

Trofee wenners vir 2015: Steph Els Wiseeltrofee 100m S0/13 Eckhardt Potgieter; LMS Wisseltrofee 100m D 0/13 Kayla Putter; Beste prestasie in ‘n enekele item Jacques Erwee; Beste prestasie Seuns hekkies Eckhardt Potgieter; Beste prestasie Dogters hekkies Minette van der Merwe; Jnr Victor Ludorum Jayden van Eck; Jnr Victrix Ludorum Nadine van Wyk; Snr Victor Lodorum Eckhardt Potgieter; Snr Victrix Ludorum Berné van Heerden; Sangbeker Gemmies en die Elande; Velditems: Gemsbokspan; Aflosse: Koedoespan en Wenspan Gemsbokspan.

Kalender

11 Februarie : Aflosbyeenkoms

13 Februarie : Bhekuzulu Atletiek

18 Februarie : LMS Redenaarskompetisie

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button