NewsSchools

‘Sterre’ skitter by Oscar-tema dans

Hoërskool Volksrust se jaarlikse Valentynsdans, wat op 12 Februarie in die skoolsaal aangebied is, het vanjaar geskitter met ‘n regte Hollywood-tema en genoeg sterre om glans daaraan te verleen! Die tema van die geleentheid was ‘A night at the Oscars’ en soos met die ware Jakob, het die leerlinge met hul aankoms gepronk en geglimlag …

Hoërskool Volksrust se jaarlikse Valentynsdans, wat op 12 Februarie in die skoolsaal aangebied is, het vanjaar geskitter met ‘n regte Hollywood-tema en genoeg sterre om glans daaraan te verleen!

Die tema van die geleentheid was ‘A night at the Oscars’ en soos met die ware Jakob, het die leerlinge met hul aankoms gepronk en geglimlag vir al die fotograwe. Hulle het ook ‘n kans gehad om op die rooi tapyt ‘n video-onderhoud te voer.

Die meisies was pragtig in elegante aanddrag en die seuns van kop tot toon netjies opgetof. Die skoolsaal is in ‘n sterbelaaide Oscar-tema omgetower en selfs die fotos wat geneem is sal die leerlinge aan hul Hollywood-aand herinner.

Die ‘Oscarwenners’ vir die aand was soos volg:

Besgeklede meisie: Lunette Uys.

Besgeklede seun: Henro Odendaal.

Beste paartjie: Lukas Steyn en René Louwrens.

‘Look-a-like’ girl: Francisca Gissing.

‘Look-a-like’ boy: Dian Delport.

Die skool is opreg dankbaar aan die flukse Graad 9 VLR-lede, Graad 9-voogonderwysers en al die betrokke ouers vir ondersteuning in die vorm van donasies en hulp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button