Op Vrydag, 23 Februarie was Ferrum Hoƫrskoolleerlinge die toonbeeld van goeie sportmangees tydens die interhuis-atletiekbyeenkoms.
Die atlete het goed gevaar en talle prestasies is behaal.
Ruan Jansen van Vuuren het 779 punte op die APE tabel behaal met sy eerste plek in die 1500-meter wedloop. Hy was ook aangewys as die beste seunsatleet van die dag.
Noluthando Lubisi het 857 punte op die tabel behaal met haar eerste plek in die 100-meter wedloop.
Die atlete het die volgende prestasies behaal:
Alinda Holder: Junior Victrix Ludorum.
Dyllan Smith: Junior Victor Ludorum.
Marike Roos: Senior Victrix Ludorum.
Driaan de Clerq: Senior Victor Ludorum.
Baie geluk!



