Vuurwerkvertoning deur swemmers by Ichthus Gala
Donderdag 19 Februarie het Ichthus ‘n baie geseënde gala beleef! Die skool dank die Here vir ‘n heerlike warm dag, en ook die personeel en ouers wat as beamptes gehelp het, en die mammas wat die snoepie behartig het. Baie geluk aan al die swemmers wat so getrou deelgeneem het. Die uitslae is soos volg: …
Donderdag 19 Februarie het Ichthus ‘n baie geseënde gala beleef!
Die skool dank die Here vir ‘n heerlike warm dag, en ook die personeel en ouers wat as beamptes gehelp het, en die mammas wat die snoepie behartig het.
Baie geluk aan al die swemmers wat so getrou deelgeneem het.
Die uitslae is soos volg: Beste o/9 dogter: Mabotse Mawila; Beste o/9 seun: Rhuben Malan; Junior Victrix Ludorum: Amy-Faith Stein; Junior Victor Ludorum: Sam Maltman; Senior Victrix Ludorum: Zoe Cochrane; Senior Victor Ludorum: MacGreiger Stein; Beste o/14 seun: Drémar Jacobs.
Die volgende rekords is gebreek: Drémar Jacobs (S o/14) 25m Vlinderslag; 25m Rugslag.
MacGreiger Stein (S o/13) 100m Vryslag; 25m Vlinderslag; 25m Rugslag.
Zoe Cochrane (D o/12) 25m Vlinderslag; 25m Rugslag. Amy-Faith Stein (D o/11) 25m Rugslag.
Baie geluk aan die blouspan wat die Ventertrofee vir die wenspan ontvang het en aan die groenspan wat die Personeel-sangtrofee verower het.
Ichthus bedank Dundee Hoërskool vir die gebruik van hulle fasiliteite; Ichthus waardeur dit baie!
Die Skool bedank al die afrigters van die skool, swemklub en Mev Jenny Thöle wat die leerlinge so mooi vir die swemgala voorberei het!



