PIONIER het ‘n opwindende week en naweek agter die rug met die skyfskiet en die PUK 16 reeks wat begin het.
PUK 16: Hoërskool Volksrust: Saterdag, 28 Februarie, het Pionier die eerste wedstryd van die PUK 16 reeks op Volksrust gespeel. Al die sportspanne het hulle harte uit gespeel en ons is vreeslik trots op hulle. Die tellings verloop soos volg: Rugby: o/14: wen 33-3; o/15: wen 17-14; o/16: verloor 10-12; tweede span: gelykop 14-14 en eerste span: wen 17-7. Hokkie: o/14: verloor 3-1; o/15: verloor 4-1; o/16: verloor 4-3; derde span: wen 3-0; tweede span: verloor 8-0 en eerste span: verloor 10-0. Eerste seunshokkie: verloor 3-0. Netbal: o/14: wen 22-9; o/15: wen 25-1; o/16: wen 24-7; tweede span: wen 21-4 en eerste span: wen 31-7.
Baie geluk aan die netbalspanne wat al hulle wedstryde gewen het! Al vyf netbalspanne tree uit die stryd met bonuspunte. Ons is trots op julle!
Skyfskiet 28 Februarie: Pionier se skuts het Saterdag by Durban Akademie teen Glenwood, Ferrum en Hoërskool voortrekker gekompeteer. Die skuts het baie goed gevaar. Die skuts wat op beginnersvlak is het uitstekend gevaar en geen een van hulle het laaste geëindig op die puntelys nie.
o/14: Vier van die juniors neem eerste tot vierde plek in van die 19 skuts wat in hierdie ouderdomsgroep deelgeneem het. Pionier eindig eerste in vyf van die ses klasse wat geskiet is en Pionier eindig algeheel eerste uit die vier deelnemende skole. Baie dankie en baie geluk aan al hierdie skuts wat deelgeneem het!
FNB borg eerste netbalspan: Baie dankie aan FNB wat Pionier se eerste netbalspan geborg het. Dit word opreg waardeer en ons dogters lyk waarlik netjies te danke aan u borgskap.



