Lucas Meyer Laërskool – Skoolaktiwiteite hou leerlinge op hul tone
Om te kwalifiseer vir die Natalbyeenkoms moes ons atlete die dag trotseer. Baie geluk aan die vogende LMS atlete wat ingesluit is in die Zululandspan wat eerskomende Vrydag gaan deelneem aan die Natal-atletiekbyeenkoms: Jacques van Nieuwenhuizen: Cole van Rooyen; Anneen Nel; Eckhart Potgieter; Jacques Erwee; Duemarie Swart; Danie Nel; Arnau Bosch; Anke Erasmus; Landi Erasmus; Melissa Hibbert; Jaden van Eck en Marius Scheepers. Die atlete sal dan tydens die Natalbyeenkoms moet kwalifiseer om aan die SA Atletiekbyeenkoms deel te neem. Sterkte met jul deelname!
LMS ouers en atlete het reeds om sewe-uur die oggend aangemeld te Ulundi vir die Zululand atletiekbyeenkoms.
Om te kwalifiseer vir die Natalbyeenkoms moes ons atlete die dag trotseer. Baie geluk aan die vogende LMS atlete wat ingesluit is in die Zululandspan wat eerskomende Vrydag gaan deelneem aan die Natal-atletiekbyeenkoms: Jacques van Nieuwenhuizen: Cole van Rooyen; Anneen Nel; Eckhart Potgieter; Jacques Erwee; Duemarie Swart; Danie Nel; Arnau Bosch; Anke Erasmus; Landi Erasmus; Melissa Hibbert; Jaden van Eck en Marius Scheepers. Die atlete sal dan tydens die Natalbyeenkoms moet kwalifiseer om aan die SA Atletiekbyeenkoms deel te neem. Sterkte met jul deelname!
ATKV Redenaars : Na goeie kompetisie en beoordelaarspunte opgeweeg is, is die volgende leerlinge ingesluit in LMS se ATKV Redenaarspan: Seniors: Tiaan Marais; Anrie J van Rensburg; Chene Stear en Cayla Putter. Juniors: Nadine van Wyk; Anika Smit; Janus Pretorius en Zo? Richards.
Skeidsregterskursus: Mnr Pieter Aucamp het ‘n SARU Skeidsregterskursus te Vanderbijlpark bygewoon. Tydens die kursus wat oa aangebied is deur mnr Andre Watson, hoof van die skeidsregtersvereninging, het skeidregters dwarsoor Suid-Afrika geleentheid gekry om fiksheidstoetse en ‘n nasionale eksamen af te lê.
Speletjiesaand vol pret en plesier: Alle LMS leerlinge kon deelneem aan ons gebruiklike speletjiesaand se aktiwiteite. Verskeie ouers en personeel, asook gr 7 leerlinge het diens gedoen by die onderskeie speletjies. Dit was goed om te sien hoe jong kinders, op ‘n gesonde manier, ‘n prettige aand by die skool kon geniet. Kontantpryse is elke uur uitgedeel en dit was veral die musiekversoeke en die trieng-trieng wat ons ore laat sing het.
Video-aand: Die hokkiedogters olv mev Wilna van den Berg en Hannelien Grobbelaar het ‘n inloop- video-aand gehou by die skool om sodoende fondse te in vir die Astra-hokkietoer na Pietermaritzburg. Weereens het die LMessers opgeruk in hul getalle en was die funksie ‘n groot sukses.
Kalender
6 Maart : KZN Atletiek
9 Maart : Beheerliggaam Verkiesing om 12:00