NewsSchools

Hoërskool Vryheid – Nashua Rugbyweek net om die draai

Nashua Maluti gaan die toeskouers trakteer op valskermspringers wat om elfuur 1 April die bal vir die week gaan bring. Dit sal ‘n week van opwinding op die rugbyveld wees, soos net skoolseuns kan doen.

Photo from file.
Photo from file.

DIT IS weer tyd vir die Nashua Rugbyweek.

Hierdie is die 28ste rugbyweek aangebied deur VHS en hierdie jaar vir die 16de keer Nashua Maluti. Twintig spanne van dwarsoor die land sal vanaf 31 Maart tot 4 April hul vaardighede op die rugby vertoon: Afrikaans Hoër Kroonstad; Afrikaanse Hoër Seunskool; Hoërskool Swartskop; Kingsway High School; Hoërskool Frikkie Meyer; Grey College; Hoërskool Pionier; Hoërskool Richardsbaai; Hoërskool Vryheid; Westville Boys High; Landbouskool Vryheid; Maritzburg College; Michaelhouse; Pongola Akademie en Port Shepstone.

Patrick Lambie, Ruan Combrinck en Cecil Afrika was elkeen ‘n ‘Rugbyspeler van die week’.

Nashua Maluti gaan die toeskouers trakteer op valskermspringers wat om elfuur 1 April die bal vir die week gaan bring. Dit sal ‘n week van opwinding op die rugbyveld wees, soos net skoolseuns kan doen.

Sport teen Richardsbaai: ‘n Naweek van gemengde welslae. ‘n Sportdag in die Baai gee die woord ‘Wintersport’ ‘n heel nuwe betekenis! Humiditeit en hoë temperatuur het almal na hul asems laat snak, letterlik!

Uitslae: Netbal: o/14A 11-13; o/14B 5-17; o/15A 24-10; o/15B 17-3; o/16A 6-28; o/16B 13-13; tweede 15-17 en eerste 16-13. Rugby: o/14A 0-17; o/14B 12-30; o/15A 0-61; o/16A 22-17; tweede 5-15 en eerste 17-19. Dogters hokkie: o/14 3-0; o/16 0-1; tweede 0-3 en eerste 0-1. Seuns hokkie: eerste 0-0 en tweede 2-1.

Dagboek

21 Maart – Rugby 1ste span vs Kroonstad (Weg)

21 Maart – Sport vs St Dominics (Weg)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button