Sport en kultuur – Pionier kan!
Pionier het geweet dat dit nie ‘n maklike wedstryd sou wees nie, want Kearsny is bekend vir hulle goeie rugby. Dit was ‘n naelbyt wedstryd en die eindtelling was 18-18. Ons is trots op Pionier se eerstespan wat hierdie manne uitgedaag het en die telling gelyk gehou het.
DIE eerste span het op 2 Maart teen Kearsny College gespeel.
Pionier het geweet dat dit nie ‘n maklike wedstryd sou wees nie, want Kearsny is bekend vir hulle goeie rugby. Dit was ‘n naelbyt wedstryd en die eindtelling was 18-18. Ons is trots op Pionier se eerstespan wat hierdie manne uitgedaag het en die telling gelyk gehou het.
KZN streeksproewe: Hokkie o/14: Baie geluk aan die volgende o/14 dogters wat ‘n posisie in die KZN – streekspan behaal het: Nosihle Xaba; Kayla Schonborn; Anja Muller; Caitlyn Skews; Carla Viljoen; Sarcelle van der Merwe; Rebecca Tshweu; Savannah Boullé en Niekie Muller.
Oratorsaand, 5 Maart: Senior wenners: Eerste plek: Jana Grobbelaar; tweede plek: Carmen Gropp en derde plek: Bianca Wagener. Junior wenners: Eerste plek: Waldo van der Westhuizen; tweede plek: Francois du Preez en derde plek: Rinus Wagener.
Baie dankie aan die Afrikaanse departement asook Juf Grobbelaar. Sonder julle sou hierdie aand nie so suksesvol gewees het nie.
Graad 8 uitstappie: Die graad 8 kinders het verlede week ‘n parkie besoek, waar hulle die ekosisteem moes ondersoek en ontleed vir lewende en nie- lewende komponente. Hierdie leerders het dit ‘n stappie verder gevat en die parkie se rommel opgetel en verwyder. Baie dankie aan die graad 8 leerlinge vir julle positiewe houdings tydens die uitstappie.
Biddag vir vroue: Die damespersoneel en die dogters het Vrydag, 6 Maart in die saal gebid vir beskerming en die Here gevra om Sy hand oor ander lande in die wêreld te hou. Dit was waarlik spesiaal.
Skyfskiet: Sewe van Pionier se skuts het die naweek in Middelburg gekompeteer in die Mpumalanga Ope. Pionier het goed gevaar: Mari Myburgh – 9de, Sporterklas o/21; Heinrich Harris – 1ste, Vereklas o/21; Johan Harris – 4de, Vereklas o/16; Jacques van Romburgh – 24ste, Sporterklas o/21; Theo Duvenage – 1ste, Sporterklas o/16; Pieter Claassen – 7de, Sporterklas 0/16 en Christiaan Koekemoer – 17de, Sporterklas 0/21.
Dankie aan hierdie skuts dat julle die skool se naam hoog gehou het.
PUK 16: Sport teen Ferrum: Rugby: o/14A: wen 17-10; o/14B: wen 39-0; o/15A: verloor 21-10; o/15B: verloor 10-5; o/16A: verloor 22-3; Derde span: wen 15-10; Tweede span: wen 34-10 en Eerste span: wen 36-12. Netbal: o/14A: Speel Dinsdag: o/14B: verloor 14-10; o/15A: wen 27-8; o/16A: verloor 14-10; o/16B: wen 11-4; Derde span: verloor 16-11; Tweede span: wen 14-8 en Eerste span: wen 21-10. Hokkie: o/14: verloor 3-0; o/15: verloor 5-0; o/16: wen 5-0; Derde span: wen 2-0; Tweede span: wen 2-1 en Eerste span: verloor 4-0. Junior seuns: verloor 10-0 en Senior seuns: verloor 2-0.
Pannar borg Derde rugbyspan: Baie dankie aan Mnr Moolman vir u borgskap.
Atletiek: Natalkampioenskappe: Baie sterkte aan die atlete wat eerskomende Vrydag gaan deelneem.
Ruitersport: Christel Liebenberg neem deel aan die Hoëveld Skou in Ermelo en behaal die volgende plekke: Beste Junior Ruiter o/19; tweede plek vir veelsydigste ruiter en vierde in driegang ryperd. Baie geluk Christel.



