NewsSchools

Lucas Meyer Laërskool – Swemgala ‘n reuse sukses

Die gala gee ons elke jaar die kans om te wys waartoe ons leerders met swemtalent instaat is. Geluk en dankie aan elke swemmer vir al die ure wat julle spandeer het met jul voorbereidings. Personeel en ouers wat as beamptes opgetree het, het seker gemaak dat die gala suksesvol afgehandel is.

 

LUCAS Meyer het weer ‘n baie suksesvolle gala op 4 Maart aangebied.

Die gala gee ons elke jaar die kans om te wys waartoe ons leerders met swemtalent instaat is. Geluk en dankie aan elke swemmer vir al die ure wat julle spandeer het met jul voorbereidings. Personeel en ouers wat as beamptes opgetree het, het seker gemaak dat die gala suksesvol afgehandel is. Mnr Peet Coetzee en Anelda Bosch het tydens die gala opgetree as hoofbeamptes en hulle goed gekwyt van hul taak. Mnr Pieter Venter was aan die stuur van sake en hy en sy span het hulle goed gekwyt met al die beplanning en uitvoering daarvan. Die gebruik van Hoërskool Pionier se goed toegeruste fasiliteite maak dit altyd maklik vir LMS met die aanbied van ons sportbyeenkomste.

Baie geluk aan die volgende leerlinge wat as volg presteer het: Keagan Keightly (Meeste punte behaal – Seuns o/7); Rebecca Potgieter (Meeste punte behaal – Dogters o/7); AJ Verster (Meeste punte behaal – Seuns o/8); Elissa Schreuder (Meeste punte behaal – Dogters o/8); Corné van der Walt (Meeste punte behaal – Seuns o/9); Jasmin van Rooyen (Meeste punte behaal – Dogters o/9); Janus Pretorius (Junior Victor Lodorum); Nadine van Wyk (Junior Victrix Lodorum); Dirk Grobler (Senior Victor Lodorum) en Berné van Heerden (Senior Victrix Lodorum).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button